OEPS

’n Baie duur vis!

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - DE­RICK en MAR­LE­NE CA­LITZ Ca­litz­dorp

Ons on­lang­se va­kan­sie in Namibië was, soos Jo­han Ba­den­horst van Voet­spo­re al daar­na ver­wys het, ’n vas­sit- fees.

Ons het die na­mid­dag drie ka­bel­joue net noord van Win­ston ge­vang, maar die wind was on­ple­sie­rig en ons wou te­rug Hen­ties toe. Ons volg toe wat lyk na ’n har­de paad­jie, so 500 me­ter bo die hoog­wa­ter­merk.

Ons hen­gel al die af­ge­lo­pe 20 jaar in hier­die ge­bied aan die Na­mi­bie­se kus en is al­tyd ver­sig­tig na­by sout­pan­ne. Maar die wind het se­ker daar­die dag die pan met sand toe­ge­waai, en on­der dit was dit pu­re klei.

Ons het nog so lek­ker ge­ry toe die ag­ter­wie­le skie­lik net weg­sak. Ek het da­de­lik be­sef ons gaan nie so mak­lik uit­kom nie: Ons was in ’n sout­pan.

Daar was geen sel­foon­sein nie, ’n ys­koue wind het ge­waai en dit was al half­vyf in die mid­dag. Ek het die ban­de af­ge­blaas en die wie­le met die dom­krag pro­beer lig om dryf­hout on­der in te druk, maar sit het ons ge­sit.

Ons het uit­ein­de­lik be­sluit om maar ons krag­te te spaar en die vol­gen­de og­gend weer te pro­beer of dan hulp te ont­bied. Die he­le nag voor in die bak­kie het ons die tyd om­ge­wens en plan­ne pro­beer maak om uit te kom.

Toe dit lig word, het my vrou die koue wind aan­ge­durf en by­na 5 km tot op ’n kop­pie ge­stap, waar sy ’n sel­foon­sein ge­kry het. Toe bel sy ons vrien­de in Hen­ties om hulp te stuur.

By­na drie uur la­ter het ’n hen­ge­laar ge­naamd Boetwill ver­by­ge­kom. Ek het hom ge­vra om my vrou weer na die kop­pie te neem om te gaan bel en uit te vind of die uit­sleep­diens­te al op pad was. Maar op pad het hul­le ook vas­ge­val! Hy en sy vrou bied toe aan om die stap­werk te doen en te gaan bel. Hul­le het pas by die kop­pie aan­ge­kom toe hul­le die uit­sleep­diens se voer­tuig ge­waar. Maar die ou­tjie het hul­le nie ge­sien nie en toe moes hul­le weer al die pad te­rug­stap.

Toe die red­ding­span ons uit­ein­de­lik vind, moes hul­le eers die bak­kies uit die klei op­ge­lig kry en toe met ’n ki­ne­tie­se tou uit­pluk. ’n Vol­le R4 144 la­ter was ons weer op har­de grond. Dit was 126 km van Hen­ties­baai af.

Wees dus ge­waar­sku: Ver­my die sout­pan­ne! Daai vis kan jou duur te staan kom.

KNIE­DIEP. Die Ca­lit­ze moes ’n nag in die bak­kie slaap en ten duurste uit­ge­sleep word op die sout­pan­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.