Die tyd vlieg. En die hei­li­ge waar­heid oor braai

Weg! Ry & Sleep - - REDBRIEF -

Dis om­trent die­self­de ding wat el­ke jaar ge­beur: Jy stap on­ge­ërg deur jou plaas­li­ke su­per­mark en skie­lik sien jy die Kers­ver­sie­rings raak. En dan ge­beur ’n paar din­ge. Eer­stens is jy lig­weg ge­ïr­ri­teer met die feit dat die win­kels jou al be­gin bom­bar­deer met Kers­fees-kitsch en ge­blik­te Bo­ney M-mu­siek. En dan, so half in konflik met jou eer­ste re­ak­sie, be­gin jy ef­fens op­ge­won­de won­der wat in jou 4x4-Ker­skous gaan wees, selfs al moet jy self daar­voor be­taal. Een van die bes­te ver­sko­nings om ’n he­le paar rand op jou ry­ding te span­deer is im­mers “dis Kers­fees, ek ver­dien dit”.

En laas­tens won­der ’n mens on­wil­le­keu­rig wat pre­sies van die jaar ge­word het. Dis dan al No­vem­ber!

Ho­pe­lik het jy van­jaar al ’n he­le paar uit­ga­wes van Weg­Ry deur­ge­draf so­dat jy oor­ge­noeg reis­plan­ne vir vol­gen­de jaar het. Hier waar ons sit, krap ons heel­tyd kop om met nu­we i­dees vo­ren­dag te kom wat ons glo reg is vir die tei­ken­mark. Ons kan by­voor­beeld mak­lik vo­ren­dag kom met “10 Bes­te Braai­re­stau­ran­te in Gau­teng” of “7 Voe­te­jeuk-dans­plek­ke”, maar as jy R40 vir die land se voor­ste 4x4-tyd­skrif be­taal en sul­ke goed moet lees, gaan ek so­veel haat­pos ont­vang dat my re­ke­naar aan die brand gaan slaan.

Ons het van­jaar reg­tig ’n uit­een­lo­pen­de spul be­stem­mings ge­bied, van die Se­der­ber­ge in die Kaap, tot An­go­la, Le­so­tho, Zim­bab­we, K­waZu­lu-Na­tal, die Oos-Vry­staat, Lim­po­po en om­trent al­les tus­sen­in. Die uit­da­ging vir ons is om aan te hou om nie net re­le­van­te be­stem­mings te kies nie, maar om dit op só ’n ma­nier te doen dat ons as ’t wa­re jou gids daar­voor kan wees. In hier­die uit­ga­we het ons ’n bie­tjie van ’n eer­ste. E­van is saam met Front Run­ner, een van SA se voor­ste ver­vaar­di­gers van toe­be­ho­re, Kgalagadi toe. Dis dus nie ’n sui­wer reis­sto­rie nie. Dis ook ’n in­te­res­san­te ky­kie na hoe ’n uit­een­lo­pen­de groep voer­tuie, wat al­mal be­hoor­lik met die reg­te toe­be­ho­re toe­ge­rus is, op die­self­de paaie ge­vaar het. Met die ge­wo­ne on­be­plan­de voor­val­le soos brand­stof wat op­raak, spaar­wie­le wat af­val – om nie te praat van die tent wat weg­ge­waai het nie. Die bo­nus vir my is ook die feit dat een van die per­so­ne op die reis, die Aus­tra­li­ër John “Roothy” Rooth, ’n skreeu­snaak­se 4x4­ka­rak­ter is. Laat weet ons ge­rus wat jul­le van hier­die soort ar­ti­kels dink.

E­van het ook die slagvelde van noor­de­li­ke KZN saam met B­he­ja­ne, ons ven­noot met Weg­Ry se 4x4-toe­re, gaan be­soek. As jy e­nig­sins in die ge­skie­de­nis be­lang­stel – en dit help ook om meer van ons kom­plek­se land se ge­skie­de­nis te ver­staan – is hier­die die soort toer wat baie men­se sal ge­niet. Ja, jou on­nie op s­kool het jou dalk ge­reeld ge­wiks om­dat jy nie lek­ker in die ge­skie­de­nis­klas op­ge­let het nie, maar as jy eers hier­die plek­ke eer­ste­hands er­vaar het, sal jou sie­ning van die ge­skie­de­nis hand­om­keer ver­an­der.

En dan het Ger­rie na a­lu­mi­ni­um­kap­pies gaan kyk. Dis iets wat men­se al ’n ge­rui­me tyd op 4x4-bak­kies aan­bring, en as jy al ooit ge­won­der het hoe­kom men­se dit doen, sal hier­die ar­ti­kel jou al­les ver­tel wat jy be­hoort te weet. In ’n neu­te­dop: Dis nie vir die mooi­geit nie, maar om prak­tie­se re­des – spe­si­fiek as jy baie met jou 4x4 toer.

En laas­tens het ons Jan Braai se jaar­lik­se Braai­toer mee­ge­maak en met ’n paar lek­ker re­sep­te te­rug­ge­kom. Kyk, ek glo dat jy nie jou braai on­no­dig in­ge­wik­keld moet maak nie, en die re­sep­te is een­vou­dig ge­noeg vir elk­een. Maar dat dit jou ’n oulike i­dee of twee gaan gee, is ’n feit soos ’n koei. Een wat geslag is en wie se ste­aks jy be­sig is om oor warm ko­le te braai. O ja, en voor­dat ek ver­geet: Jan Braai sê ’n mens braai nie met gas nie. Gas is vir bar­be­cue.

Nou­ja toe, waar­voor wag ons? Maak vas die gor­dels. Hier gaat ons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.