Weg! Ry & Sleep

BEAR DOEN DIT WEER

- BURNING ANGELS

DEUR: BEAR GRYLLS UITGEWER: ORION PRYS: R310 Ek was verbaas toe ek hoor die Britse oorlewings­kenner het aan ’n reeks romans begin skryf. Maar die eerste een, GhostFligh­t, het ’n topverkope­r in Brittanje geword.

Ek het die tweede boek in die reeks, FallenAnge­ls, ewe flink deurgedraf. Hy is g’n André P. Brink nie, maar sy kort hoofstukke en boeiende, vinnige storielyn hou die blaaie aan die ritsel. Ewe indrukwekk­end is die oud-SAS-soldaat se kennis van sy onderwerp.

Die hoofkarakt­er, die oudsoldaat Will Jaeger, en sy span spesmagsol­date spring uit vliegtuie, jaag op die see, veg op strande en in die bos. Tussenin ontrafel hy stukkie-virrukkie die raaisel van sy familie se verdwyning en die hoogs geheime organisasi­e wat die hele mensdom wil terugneem na die dae van Hitler.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa