NAMIBIË

’n Kuslang­se eks­pe­di­sie tus­sen L­ü­de­ritz en Wal­vis­baai

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Dit is maar net 60 jaar van­dat die laas­te in­wo­ners Kol­mans­kop ver­laat het en se­dert­dien doen die woes­tyn sy bes om die grond waar­op die eens voor­aan­staan­de myn­dorp ge­bou is, te­rug te eis. Ter­wyl ek op ’n koel og­gend deur die ge­boue stap, kan ek am­per nog die ge­luid van ke­gels op die ke­gel­baan, haas­ti­ge voet­stap­pe in die hos­pi­taal se gan­ge, of die ven­sters van die kwar­tier­mees­ter se huis hoor oop­skuif. Maar die wind is my e­nig­ste met­ge­sel, ’n ont­wy­ken­de fluis­ter van ver­vloë dae in leë ka­mers waar­van daar nou net ho­pe sand, stuk­ke ver­brok­kel­de meu­bels en af­dop­verf op die mu­re oor is.

Dis ’n ge­pas­te weg­spring­punt vir my reis deur die Namib-Nau­kluft Na­si­o­na­le Park na Wal­vis­baai, want ek laat bin­ne­kort die sa­me­le­wing ag­ter om ses dae lank noord te ry deur die on­ge­naak­ba­re land­skap van die Namib om ’n be­hoor­li­ke sin kan kry van hoe die le­we vir die des­tyd­se set­laars moes ge­wees het. Ten min­ste kan ek dit in ’n 4x4 doen.

Wil­der­nis toe

Kort na­dat ek my be­soek aan Kol­mans­kop vol­tooi het, hou die res van die toer­groep by ons ver­trek­punt bui­te die in­gang stil. Ons gaan op Voet­spo­re

sa­fa­ri’s se eer­ste reis, ’n be­ge­lei­de toer

wat aan­ge­bied word deur die span ag­ter die ge­wil­de te­le­vi­sie­reeks. Ek klim in die Hi­lux van ons gids, Si­mon We­ar­ne. Ag­ter ons val vier voer­tuie van Suid-A­fri­ka in en die Land Crui­ser van ons on­der­steu­ning­span, Good­boy Sim­so­ni en El­vis A­ma­nab, ry ag­ter­os om ons kon­vooi van ses te vol­tooi. Dis ’n lek­ker klein groep en sal din­ge in die woes­tyn mak­li­ker maak. “Ons vat ’n mak­si­mum van 8 voer­tuie,” ver­dui­de­lik Si­mon, “want dan het ons meer tyd en ’n meer per­soon­li­ke toer.”

Ons gaan die For­bid­den Land-skeeps­wra­k­roe­te volg wat vroeg in 2016 deur die De­sert Ma­gic-toer­maat­skap­py ont­wik­kel is, en gaan op hul­le kon­ses­sie ry. Met ’n ef­fen­se kin­kel, want net voor ons ver­trek­da­tum het ’n regs­dis­puut toe­gang tus­sen L­ü­de­ritz en Hot­ten­tots­baai vir tyd en wyl ver­bied (dit is weer in­tus­sen op­ge­klaar). Ons span­deer dus die res van die dag op ’n om­pad deur die dui­ne. Dag een is ’n re­de­lik ma­ti­ge af­fê­re en die groep kry kans om ge­lei­de­lik aan die fy­ner kun­sies van sand­ry ge­woond te raak.

Ons kam­peer­plek vir die aand is aan die voet van ’n gra­niet­kop wat as Blou­berg be­kend staan. Ek be­sluit om die kop uit te klim so­dat ek die son oor ’n see van dui­ne kan sien sak. Doer on­der my kan ek die ten­te en ’n o­ran­je flik­ker van die kamp­vuur uit­maak. Skie­lik is dit baie dui­de­lik dat ons eint­lik maar nie­ti­ge spik­kels in hier­die groot om­tes is.

Al­mal kry ’n beurt

Die vol­gen­de og­gend mik ons vir die strand, maar tus­sen ons en die wa­ter lê daar nog ’n ste­wi­ge spul­le­tjie dui­ne. Met Si­mon aan die voor­tou vor­der ons goed, maar hoe war­mer dit word, hoe sag­ter raak die sand en kort voor lank be­gin men­se ge­reeld vas­sit. Som­mi­ge meer as an­der, maar op die ou end kry al­mal ’n beurt om her­win te word. Selfs Si­mon en die span.

Dis al na­mid­dag toe ons uit­ein­de­lik die strand be­reik en vir ete stil­hou. Die see­brie­sie en die koue wa­ter bied ’n wel­kom ver­lig­ting van die hit­te tus­sen die dui­ne. Ná ete ry ons strand­langs na ’n plek ge­naamd Gi­bral­tar waar die oor­spronk­li­ke S­per­rge­biet (Di­a­mond A­rea no.1) ein­dig. Van hier af vor­der ons flink oor vlak­tes van wit-en-swart klip na S­pen­cer­baai waar Mer­cu­ry-ei­land – eens die ba­sis vir ’n groot­skaal­se gua­no­be­dryf – on­heil­spel­lend in ’n laag mis in die wa­ter lê.

By Dolphin He­ad hou ons stil om na die wrak van die O­ta­vi te gaan kyk. Dit lê op die strand van ’n knus baai waar men­se nie toe­ge­laat word nie, en daar­om is dit nou die uit­hang­plek van dui­sen­de rob­be. ’n Mens kan wel tot bo-op ’n kop­pie klim na ’n uit­kyk­punt oor die baai en sy ge­roes­te or­na­ment. Dis ’n lek­ker plek vir ’n fo­to, maar net as jy die stank van die rob­ko­lo­nie kan weer­staan.

Ons bly ry tot laat­mid­dag en slaan uit­ein­de­lik kamp aan die voet van ’n ko­los­sa­le duin op. Van­aand is die ge­sprek rond­om die kamp­vuur le­wen­dig. Dit was ons eer­ste or­dent­lik uit­da­gen­de dag, maar dit is pre­sies wat dit a­von­tuur­lik maak. “Oor daar­die groot slip fa­ces trek die Pra­do links,” spot Lu­dolf van der Mer­we, “want my vrou hou so erg vas dat sy om­trent die wiel deur die fi­re­wall vas­trap!” Ar­me An­ton en Mol­ly Ja­cobs in hul­le swaar ge­laai­de Ford Ran­ger het die mees­te te­ë­spoed ge­had, maar hul­le het nie toe­ge­laat dat dit hul­le gees dem­per nie. “Ons het van­dag se­ker 444 keer vas­ge­sit!” lag An­ton. “Maar ag, dis al­les deel van die ga­me.” Dit lyk my Si­mon het ons ge­hoor, want hy steek sy kop uit die kom­buis en sê: “Ou­ens, die laas­te t­wee dae was maar net oe­fe­ning vir mô­re!” Uit die hoek van my oog sien ek hoe Mol­ly se wenk­broue lig.

Deur die Dui­wel se Werks­win­kel

Dis ’n prag­ti­ge wind­lo­se aand en die kamp­vuur se vlam­me dans tot laat in die nag reg­uit he­mel toe. Die lug is nog vars en hel­der toe ons die vol­gen­de og­gend ver­trek. “Dit lyk na ’n prag­ti­ge dag vir vas­sit!” skerts An­ton oor die ra­dio om ons in die reg­te gees te kry. En op­ti­mis­me is juis wat ons no­dig het om dit wat la­ter van­dag voor­lê, ore aan te sit.

Ons maak eer­ste ’n draai by die skeeps­wrak van die U­ni­ted Tra­der, of eer­der ons gaan kyk na die flen­ters wat daar­van oor is. Hier­die skip het plof­stof ge­dra en is in 1974 op­ge­blaas. Stuk­kies yster lê vir hon­der­de me­ters in die om-

trek ver­sprei. Na­dat ons ’n paar kie­kies tus­sen die wrak­stuk­ke ge­neem het, ry ons ver­der.

Vol­gen­de is die uit­da­ging van die dag: ’n dool­hof van ’n dui­ne­veld wat as die De­vil’s Works­hop be­kend staan. Hier het die dui­ne nie ’n voor­spel­ba­re pa­troon nie en sit styf teen­aan me­kaar. Om ’n pad hier­deur te vind is moei­saam, tyd­ro­wend en verg baie kon­sen­tra­sie. In die dui­ne is Si­mon ons pad­ma­ker, want sy spo­re los die sand ef­fe meer ge­kom­pak­teer vir die res van die kon­vooi om in te volg. Dis ’n kom­bi­na­sie van koers hou met die GPS, en die reg­te ly­ne op en af tus­sen die reus­ag­ti­ge sand­ho­pe kies. Maar soms kan selfs klein hob­bel­tjies of baie sag­te de­le ook kop­se­re ver­oor­saak, soos ons uit­ge­vind het die oom­blik toe Si­mon waag om na sy GPS te loer en nie ’n klein gaat­jie voor hom sien nie. Dis ge­noeg om die Hi­lux op sy pens te laat lê en toe is die sand voor ons boon­op te sag vir Good­boy se Crui­ser en hy val óók vas. “Oom Wil­lie, kom help gou,

as­se­blief?” roep Si­mon oor die ra­dio. Sien, Oom Wil­lie is nie net er­va­re nie, hy ry ook ’n For­tu­ner, en dit is al­om­be­kend dat Toyo­tas net deur an­der Toyo­tas her­win mag word.

Kort voor lank is ons weer aan die be­weeg en ons gaan maak ’n draai by die Oys­ter C­liffs. Van hier af ry ons oor vlak­tes met riw­we wit mar­mer wat uit die sand steek. Ons sak af tot op die strand en ry vir ’n paar ki­lo­me­ter langs die wa­ter voor ons weer die dui­ne in swaai om ’n kamp­plek vir die aand te vind.

Rob­be, slip fa­ces en ske­mer­kel­kies

Die vol­gen­de og­gend ver­trek ons strand­langs vir on­ge­veer 4 km voor ons weer tus­sen die dui­ne in­draai. Sadd­le Hill is in ons vi­sier en die oom­blik toe ek die vorm van die heu­wel sien, ver­staan ek waar die naam van­daan kom. Hier­na ry ons ver­by ’n rob­ko­lo­nie – iets wat ’n mens by­na al­tyd ruik voor­dat jy dit sien – voor ons oor ’n wye vlak­te met spat­sels gras­pol­le ry. Ek sien hier die eer­ste van ve­le gems­bok­ke op die toer, ’n een­sa­me be­wa­ker van die woes­tyn wat ons vir ’n oom­blik dop­hou voor hy oor ’n room­kleu­ri­ge duin ver­dwyn.

Ons hou strand­langs vir ’n wy­le tot ons ná mid­dag­e­te weer in die dui­ne in­ge­dwing word waar ’n strook reu­se-dui­ne ons voor­land vir die res van die mid­dag is. Op een be­son­der­se hoë slip fa­ce het die Pra­do van Lu­dolf en sy vrou Son­ja net-net nie ge­noeg mo­men­tum nie en sit hul­le plat­pens op die kruin van die duin vas. “Jy kom al na­der aan die rand van die duin, maar jy kan niks voor jou sien nie, net lug,” ver­dui­de­lik Lu­dolf toe hul­le weer aan die be­weeg kom. “En daar sit ons toe soos T­hel­ma en Lou­i­se!”

Ons kamp van­aand op ’n lief­li­ke plek ge­naamd Af­klim­baai, want dit is hier waar jy die dui­ne uit­klim. Ons hou vroeg ge­noeg daar stil om in die see te kan swem, strand­langs te stap en ’n ske­mer- kel­kie te ge­niet. Vir die mees­te van ons is dit im­mers ’n va­kan­sie.

’n Ti­pe be­graaf­plaas

Die vol­gen­de og­gend eet ons ’n bie­tjie vroe­ër ont­byt so­dat ons in die pad kan val ter­wyl die ge­ty op sy laag­ste is. So­doen­de het ons ge­noeg tyd (en strand) tot ons be­skik­king om flink ver­by die Lan­ge­wand – ’n paar ki­lo­me­ter van e­nor­me kus­dui­ne, am­per soos ’n mi­ni-Dood­s­ak­ker – te vor­der. Dis ’n mis­ti­ge og­gend en die grys­heid van die wê­reld rond­om ons skep ’n dra­ma­tie­se at­mos­feer.

Ons ry ver­by die Me­ob-vis­vang­kamp en ver­der oor sout­pan­ne na ’n wye, plat strand waar ons baie goed vor­der. Op pad na Me­ob­baai ry ons ver­by ’n soort wal­vis­be­graaf­plaas, ’n plek waar daar hon­der­de ver­bleik­te be­ne op die strand lê. Si­mon ver­tel my dit kom van die bo­te van die des­tyd­se wal­vis­be­dryf wat die ge­woon­te ge­had het om die kar­kas­se net oor­boord te gooi. Nog ’n el­le­lan­ge

plat strand neem ons ver­by hon­der­de lui rob­be na die wrak van die E­du­ard Bohlen, se­ker die mees ge­fo­to­gra­feer­de skeeps­wrak in Namibië. Hier­die 310 voet lan­ge vrag­skip het op 5 Sep­tem­ber 1909 in dig­te mis ge­strand. Wat die prent­jie nóg in­te­res­san­ter maak, is dat die wrak nou so­wat 400 m van die wa­ter af lê om­dat die woes­tyn deur die ja­re ál

meer in die At­lan­tie­se O­se­aan se rig­ting ge­groei het.

Ons ry ver­der, ver­by Con­sep­ti­on­baai waar die mis vir ’n oom­blik ver­dwyn om kalm en hel­der wa­ter te ont­hul. Dit is dui­de­lik waar­om hier­die plek ge­kies is om voor­raad vir die myn­be­dryf met bo­te te kom af­laai. ’n Mens kan selfs nog die ge­roes­te oor­blyf­sels van ’n spoor­lyn hier sien. Ons ry ver­by nóg ’n skeeps­wrak, die S­ha­w­nee, en nóg ’n stuk­kie Lan­ge­wand, voor ons ons laas­te kamp­plek in die woes­tyn net bui­te Sand­wi­chbaai be­reik.

Tot vol­gen­de keer

Ons het nie ver oor om tot in Wal­vis­baai te ry nie, daar­om is ons laas­te dag net ’n half­dag. Dit be­te­ken eg­ter dat ons nie oor­haas­tig is nie, en ons kry kans om ’n bie­tjie pret in die sand te hê. Si­mon vat ons na ’n baie diep dui­ne­kom, die Namib se eie rol­ler co­as­ter. Die teg­niek hier­deur be­hels dat jy teen die af­draan­de so­veel vet­gee as moont­lik, so­dat jy ge­noeg mo­men­tum het om die bo­kant van die teen­oor­ge­stel­de duin te be­reik. Die wet­te van swaar­te­krag laat dit voel as­of ie­mand ’n krui­wa­vrag bak­ste­ne in jou maag kom af­laai. Maar as jy eers ge­woond raak aan die ge­voel, is die rit nog­al op­win­dend.

Ek be­sef dit is ui­ter­aard wat die Namib so ’n aan­lok­li­ke plek maak. Aan die een kant word jy ver­oot­moe­dig deur die on­ge­naak­baar­heid van die woes­tyn, en aan die an­der kant staan jy ver­stom oor die skoon­heid daar­van. Een dag is jy ef­fens moe­de­loos van al die vas­sit, maar die vol­gen­de dag is jy weer soos ’n op­ge­won­de kind. Dit is ’n plek van ve­le ge­hei­me wat net ’n bie­tjie op ’n slag met be­soe­kers ge­deel word. En ook net as jy nie skrik nie vir al die uit­da­gings wat die woes­tyn bied nie.

LAAS­TE RUSPLEK (bo). El­vis A­ma­nab neem ’n fo­to van die skip­wrak van die O­ta­vi wat in ’n be­skut­te baai na­by Dolphin He­ad lê.

UIT VER­VLOË DAE (regs). Die oor­blyf­sels van ma­sji­ne­rie is o­ral langs die kus te vin­de, die laas­te te­kens van die des­tyd­se myn­be­dry­wig­he­de.

OP DIE KRUIN (links bo). Toer­gids Si­mon We­ar­ne gee ’n bie­tjie ad­vies aan die bo­kant van ’n duin. SPOOKDORP (links). Die ver­la­te Kol­mans­kop is ’n ge­wil­de be­stem­ming vir fo­to­gra­we.

SKEEPS­WRA­K­ROE­TE. Die Na­mi­bie­se kus­lyn is nie net be­saai met dier­ske­let­te nie, maar ook met tal­le skeepswrakke, soos dié van die E­du­ard Bohlen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.