TOE­RUS­TING

Ons be­kyk 23 slaap­sak­ke van na­der­by

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - WOOR­DE: GER­RIE VAN EE­DEN

Wat maak een slaap­sak an­ders as die vol­gen­de? Wat be­te­ken die sy­fers op die e­ti­ket? Hoe­kom het hul­le ver­skil­len­de vorms en hoe was jy jou slaap­sak? Van­dees­maand be­ant­woord ons ’n he­le paar slaap­sak­vrae.

As jy steeds glo in jou ou weer­mag­slaap­sak, of jou pa s’n wat hy des­tyds ge­bruik het toe hy nog ’n Voor­trek­ker was, het ons nuus vir jou: Jy is nie net be­sig om on­no­dig koud te kry nie, maar jy kar­wei ook ’n on­no­di­ge swaar ding rond.

MEER AS NET ’N SAK

Die teg­no­lo­gie wat in slaap­sak­ke ge­bruik word, het die af­ge­lo­pe 10 jaar aan­sien­lik ver­be­ter. Want ’n slaap­sak is lank­al nie meer net ’n reg­hoe­ki­ge stuk ma­te­ri­aal met ’n rits­slui­ter nie. ’n Be­lang­ri­ke ding om te ont­hou is dat ’n slaap­sak jou nie warm maak nie, maar dat dit s­legs die be­staan­de hit­te van jou lyf be­waar ter­wyl jy slaap.

Som­mi­ge slaap­sak­ke het dees­dae ’n “mum­mie”-vorm. Dit word só ge­noem om­dat hul­le smal­ler is by die kop en voe­te en wy­er by die skou­ers. An­der het ’n tap­se ( ta­pe­red) vorm om­dat hul­le bloot nou­er word na on­der. Die re­des vir hier­die vorms is nie net om ma­te­ri­aal (en dus ge­wig) te ver­min­der nie, maar om jou ook doel­tref­fen­der warm te hou.

Dit is ook om dié re­de dat som­mi­ge men­se aan­be­veel dat jy kaal (of met so min as moont­lik kle­re) in ’n slaap­sak moet slaap. Hul­le voer aan hoe meer lae ma­te­ri­aal tus­sen jou en die sak is, hoe min­der kan die slaap­sak jou lig­gaams­hit­te ge­bruik om jou warm te hou. Dis die te­o­rie, maar wil jy om drie-uur die og­gend vir die ou langs jou in die a­blu­sie­blok ver­dui­de­lik hoe­kom jy in jou A­dams­ge­waad is?

Kap­pies is dees­dae ook al­ge­meen by die ont­werp van slaap­sak­ke. Die doel hier­van is om jou kop ook warm te hou – ve­ral as jy in die bui­te­lug son­der ’n tent of ’n ma­tras slaap.

Die kon­struk­sie van die sak is ook be­lang­rik. Goed­ko­per slaap­sak­ke se bin­ne­voe­ring en bui­te­kant word som­mer eens­klaps met ’n naai­ma­sjien aan­me­kaar vas­ge­werk. Dit is nie ef­fek­tief nie, want hit­te kan deur die gaat­jies wat die naald maak, ont­snap. Die i­de­aal is om ’n ont­werp te kry wat ver­skil­len­de lae ge­bruik (vir sin­te­tie­se weef­sel) en klei­ner, af­ge­son­der­de af­skor­tings ( poc­kets) so­dat daar pre­sies die reg­te hoe­veel­heid dons in­ge­sit kan word.

SIN­TE­TIE­SE VULSELS TEEN­OOR DONSVULSELS

Jy kry t­wee soor­te vulsels vir slaap­sak­ke: sin­te­ties en dons. Daar is ook t­wee soor­te sin­te­tie­se vulsels. Daar is die goed­ko­per – en nie baie ef­fek­tie­we – mi­kro­ve­sel ( mi­cro fi­b­re) wat in die ou weer­mag­slaap­sak­ke ge­bruik is en die meer mo­der­ne hol­ve­sel ( hol­low fi­b­re). Dit word so ge­noem om­dat die ve­sel in we­se sag­te hol py­pies is wat lug vas­vang en so­doen­de help om jou te i­so­leer. Hol­ve­sel-slaap­sak­ke kan jou steeds warm hou, selfs al is hul­le nat. Dons­slaap­sak­ke word ge­vul met reg­te gans­dons (of ’n kom­bi­na­sie van an­der, goed­ko­per ve­re) en een van sy groot voor­de­le is dat dit klei­ner op­ge­rol kan word. So­dra jy dit eg­ter oop­rol, sal die dons be­gin uit­pof. Dons­sak­ke is ook lig­ter as sin­te­tie­se sak­ke en ’n goeie dons­slaap­sak be­hoort jou war­mer as ’n hol­ve­sel­slaap­sak te hou. Dons se e­nig­ste na­deel, af­ge­sien van sy ho­ër prys, is die feit dat dit jou nie kan i­so­leer as dit nat ge­word het nie. As jy eg­ter hoof­saak­lik die Ka­la­ha­ri of Le­so­tho in die win­ter gaan aan­durf, is ’n dons­slaap­sak ’n goeie belegging.

WAR­MER OF KOUER

El­ke kamp­vuur op ’n koue aand het daai een ou wat spog oor sy -10 °C-slaap­sak wat hom so lek­ker snoe­sig warm gaan hou as hy nou gaan in­kruip. Maar wat be­te­ken daar­die gra­de­ring nou eint­lik?

’n Paar jaar ge­le­de was dit ’n ef­fen­se dob­bel­spel om die e­ti­ket te glo. Ver­vaar­di­gers van sin­te­tie­se-weef­sel­slaap­sak­ke het so ’n klein bie­tjie by­ge­jok om met die dons­slaap­sak­ke mee te ding. Die in­stel­ling van ’n Eu­ro­pe­se stan­daard het eg­ter ’n ein­de hier­aan ge­maak.

Om ’n slaap­sak se tem­pe­ra­tuur­gra­de­ring te be­paal, word ’n ver­hit­te win­kel­pop met tem­pe­ra­tuur­sen­sors bo-op die “vel” in ’n slaap­sak ge­sit. Die pop in die sak word dan in ’n tem­pe­ra­tuur­be­heer­de ver­trek ge­plaas en die ver­skil tus­sen die tem­pe­ra­tuur in die ver­trek en die tem­pe­ra­tuur van die pop se vel be­paal die ef­fek­ti­wi­teit van die slaap­sak.

Dit word in vier ka­te­go­rieë op­ge­deel, al­hoe­wel slaap­sak­ke ge­woon­lik nie die boon­ste li­miet aan­dui nie.

Boon­ste li­miet: Die tem­pe­ra­tuur waar­teen die deur­snee­man ge­mak­lik sal slaap son­der om te sweet met die rits­slui­ters oop en sy arms bui­te die sak.

Ge­mak­so­ne (ge­mak­gra­de­ring): Die deur­sneevrou sal ge­mak­lik kan slaap (vroue kry ge­woon­lik mak­li­ker koud as mans).

La­er li­miet (oor­gang­gra­de­ring): Die deur­snee­man sal ge­mak­lik kan slaap as hy op­ge­krul is.

Ui­ter­ste li­miet (ri­si­ko­gra­de­ring): Dit is s­legs vir oor­le­wings­doel­ein­des be­doel. Jy word nooit aan­ge­raai om die slaap­sak teen hier­die tem­pe­ra­tuur te ge­bruik nie. Dit word be­paal vol­gens die be­gin­sel dat die deur­sneevrou vir s­legs 6 uur só sal kan oor­leef voor­dat sy hi­po­ter­mie kry.

DROOG AAN DIE BUI­TE­KANT . . .

Die ma­te­ri­aal waar­van die bui­te­kant van ’n slaap­sak ge­maak word, is sterk ge­noeg om die stam­pe en sto­te van bui­te­lug­va­kan­sies te oor­leef. Dan word dit ook ge­maak om klam­mig­heid van bin­ne uit te laat en om wind en re­ën uit te hou.

. . . EN WARM AAN DIE BINNEKANT

Die bin­ne­voe­ring van ’n slaap­sak word ge­woon­lik van ’n ka­toen­meng­sel of ’n mik­ro­weef­sel-ma­te­ri­aal ge­maak so­dat dit ge­mak­lik teen die vel voel.

’n An­der op­sie is om ’n ek­stra voe­ring ( li­ning) vir jou slaap­sak te kry. Dit word van ver­skil­len­de ma­te­ri­a­le ge­maak, van ka­toen en flen­nie tot pluis­stof ( fleece). Dit kan baie help om ’n slaap­sak war­mer te maak. Die an­der voor­deel is ook dat jy ná jou reis net hier­die voe­ring hoef te was, en nie die he­le slaap­sak nie.

HOE WAS JY ’N SIN­TE­TIE­SE SLAAP­SAK?

Die be­lang­rik­ste ding wat jy kan doen as dit kom by die was van jou slaap­sak, is om die e­ti­ket te lees ( Hoor jul­le,

man­ne? – Jaco). El­ke ver­vaar­di­ger het an­der voor­skrif­te oor hoe dit ge­doen moet word, maar daar is ’n paar al­ge­me­ne be­gin­sels as jy dit die dag moet aan­durf. 1 Ge­bruik ’n bad half­vol koue wa­ter, meng ’n hal­we kop­pie was­goed­seep by en laat lê die slaap­sak so plat as moont­lik in die wa­ter met al­le rits­slui­ters toe. Trek dan jou skoe­ne uit en loop op en af op die sak tot­dat hy heel­te­mal on­der die wa­ter is. Trek dan die bad se prop uit, en tap skoon wa­ter in. 2 Her­haal die pro­ses om die wa­ter te drei­neer en op die sak te loop tot­dat hy heel­te­mal on­der wa­ter is tot­dat jy se­ker is al die seep is uit­ge­spoel. As jy die wa­ter die laas­te keer uit­ge­tap het, rol die slaap­sak op en druk daar­op soos jy dit rol om so­veel as moont­lik wa­ter uit te kry. Moet nooit die sak op­wen of –draai om die wa­ter uit te kry nie. 3 Jy kan hom met die rits­slui­ters oop oor die was­goed­lyn hang, of vir min­stens 24 uur op ’n groot plat draad­ta­fel laat lê. Dis ’n goeie i­dee om na die weer te kyk voor jy be­gin was.

HOE WAS JY ’N DONS­SLAAP­SAK?

1 Ge­bruik ’n voor­laai-was­goed­ma­sjien. Bo-laai (top lo­a­der) was­ma­sjie­ne kan ’n dons­sak ver­niel. 2 Kies ’n koue was­si­klus en ge­bruik spe­si­a­le dons­seep (Ni­kwax se Do­wn Wash of Ca­pe U­ni­on Mart se Storm Do­wn Wash is uit­ste­kend). Nor­ma­le seep sal dons se o­lies ver­nie­tig, wat be­te­ken dat die dons nie weer be­hoor­lik kan uit­pof nie. 3 Spoel die slaap­sak goed uit ná die was­si­klus. Jy kan dit selfs ’n ek­stra was­si­klus gee. 4 Haal die sak ver­sig­tig uit die was­ma­sjien en sit dit in ’n was­goed­dro­ër teen ’n lae tem­pe­ra­tuur vir 20 mi­nu­te saam met ’n paar ten­nis­bal­le. Maak die dro­ër ná 20 mi­nu­te oop en pof die in­di­vu­du­e­le kom­par­te­men­te met die hand uit en maak se­ker die dons koek nie in hoe­ke saam nie. Her­haal vir ses­sies van 20 mi­nu­te tot­dat die slaap­sak droog is. Moet dit nie weer in sy sak bê­re nie, maar laat lê dit eer­der plat of in die gro­ter bê­re­sak waar­mee

kwa­li­teit-dons­slaap­sak­ke ver­koop word. As jy ’n dons­slaap­sak op­ge­rol in sy ge­wo­ne sak bê­re, sal die dons uit­ein­de­lik nooit weer be­hoor­lik kan uit­pof nie.

WAT IS BE­SKIK­BAAR?

Daar is am­per so­veel ver­skil­len­de soor­te slaap­sak­ke be­skik­baar as wat daar o­pi­nies oor die bes­te S­pring­bok­loskop­stut van al­le tye is (Os du Randt, na­tuur­lik). Ons het ’n ver­skei­den­heid van ver­skil­len­de ver­vaar­di­gers ge­kry, om jou te help met die dink­werk.

K-WAY KILIMANJARO 3 THERMASHIFT Ge­mak­gra­de­ring: Nie be­skik­baar nie Oor­gang­gra­de­ring: Nie be­skik­baar nie Ri­si­ko­gra­de­ring: Nie be­skik­baar nie Vorm: Mum­mie I­so­la­sie: Dons Prys: R3 899 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY EXTREME 2 900 Ge­mak­gra­de­ring: 0 °C Oor­gang­gra­de­ring: -10 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: -25 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Dons Prys: R4 999 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY CHAMONIX 850 Ge­mak­gra­de­ring: 9 °C-15 °C Oor­gang­gra­de­ring: 3 °C-8 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: 2 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R1 199 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY LITE 500 Ge­mak­gra­de­ring: 10 °C Oor­gang­gra­de­ring: -10 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: -12 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Dons Prys: R1 999 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY GRANDE Ge­mak­gra­de­ring: 11 °C-15 °C Oor­gang­gra­de­ring: 5 °C-10 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: 4 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R1 299 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

DEUTER ORBIT -5 l Ge­mak­gra­de­ring: 0 °C Oor­gang­gra­de­ring: -5 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: -23 °C Vorm: Mum­mie I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R1 699 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

CA­PE U­NI­ON SAPPHIRE Ge­mak­gra­de­ring: 20 °C Oor­gang­gra­de­ring: 14 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: Nie be­skik­baar Vorm: Reg­hoe­kig I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R599 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY LITE 400 Ge­mak­gra­de­ring: 12 °C Oor­gang­gra­de­ring: 8 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: 1 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Dons Prys: R2 999 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY SAPPHIRE COWL Ge­mak­gra­de­ring: 11 °C-15°C Oor­gang­gra­de­ring: 5 °C-10°C Ri­si­ko­gra­de­ring: 4 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R699 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

K-WAY ALPINE COWL Ge­mak­gra­de­ring: 6 °C-10 °C Oor­gang­gra­de­ring: 0 °C-5 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: -1 °C Vorm: Nou­er na on­der I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R899 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

DEUTER ORBIT +5 l Ge­mak­gra­de­ring: 9 °C Oor­gang­gra­de­ring: 5 °C Ri­si­ko­gra­de­ring: -9 °C Vorm: Mum­mie I­so­la­sie: Sin­te­ties Prys: R1 299 Kry dit by: Ca­pe U­ni­on Mart

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.