ONS Sê

Wan­neer ’n pap wiel jou dag skeef trek

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Daar is net t­wee re­des waar­om ie­mand jou on­ver­wags op ’n Son­dag­mid­dag sal bel: dood in die fa­mi­lie of te­ë­spoed met ’n ry­ding. En só sit ek on­langs en ont­span toe die foon lui. Dis Evan.

Hy het ge­woon­lik ’n se­ke­re stem­toon wan­neer hy met sleg­te nuus bel. Dié slag was geen uit­son­de­ring nie. “Hal­lo, Jaco? Jong . . . ek bel net om jou te laat weet dat . . .” Wat het ge­beur? Is sy ka­me­ra ge­steel? Het die bak­kie ge­breek? Of dalk het die bak­kie die pad bys­ter ge­raak en staan hy nou ie­wers in die veld na­dat dit deur ’n grens­draad en bo-oor ’n plaas se naam­bord ge­bars het.

Ge­luk­kig was dit net ’n pap wiel. Wel, eint­lik t­wee van hul­le, om die waar­heid te sê. Want een is iets wat jy mak­lik uit­sor­teer. Maar t­wee raak ’n pro­bleem. ’n Pro­bleem wat baie al­ge­meen is as jy die R355 tus­sen Ce­res en Cal­vi­nia ry.

Trou­ens, die R355 is vir pap wie­le wat die N1 om Beau­for­tWes vir skelm spiet­kops is: Jy wéét hul­le gaan toe­slaan, jy weet net nie pre­sies waar en wan­neer nie.

“Ek het ’n ge­leent­heid Kaap toe ge­kry saam met ’n an­der ou,” ver­volg Evan, “maar die A­ma­rok staan by die Tank­wa Pad­stal. En ek het die wie­le met die t­wee stuk­ken­de ban­de saam­ge­bring.

“O ja, en moe­nie wor­ry nie, ons het die die bak­kie ag­ter die Tank­wa Pad­stal ge­par­keer. Die ei­e­naar het ge­sê hy sal ou­kei wees tot wan­neer ons hom weer kom haal.”

Daar was die Son­dag­mid­dag wat ek en my groot pel John “Tau” Webb van Tul­bagh die­self­de pad met ons mo­tor­fiet­se ge­ry het. So 70 km suid van Cal­vi­nia be­duie John iets is fout. Dis sy ag­ter­wiel. Nes met 4x4’s is dit ook meest­al die ag­ter­wie­le wat te­ë­spoed op­tel.

Geen pro­bleem, het ek ge­dink en my band­ge­reed­skap uit­ge­haal. Die skeur in die sy­wand was eg­ter re­de­lik groot en ek dink dit het ses snot­prop­pe ge­kos om uit­ein­de­lik die gat toe te maak. Of so het ons ge­dink. Want skaars 5 km la­ter moes ons weer af­trek en vre­de maak met die feit dat daai band poer­des mer­des is. Ge­luk­kig is daar ’n soort van ’n werks­win­kel by Henk van Nie­kerk se Tank­wa Ten­ted Camp by S­to­ne­hen­ge en kon John die band daar af­haal en be­hoor­lik reg­maak.

Ja­re ge­le­de het ek en t­wee an­der man­ne die Mo­lo­po-4x4e­ko­roe­te al langs die Botswa­na-g­rens met mo­tor­fiet­se ge­ry. Ek het na­der­hand op­ge­hou om te tel hoe­veel keer hul­le moes stil­hou en bin­ne­ban­de lap. My mo­tor­fiets het bin­ne­band­lo­se ban­de ge­had, dus het ek maar meest­al in die ska­du ge­kyk hoe hul­le ban­de pro­beer reg­maak. Ek ge­bruik

die werk- woord “pro­beer”, want hul­le het ag­ter­na ag­ter­ge­kom dat jy nie die spe­si­fie­ke soort bin­ne­ban­de wat hul­le ge­koop het, met pa­tch ’n so­lu­ti­on kan reg­maak nie. Dis blyk­baar ’n sin­te­tie­se rub­ber waar­aan die gom nie bly klou nie. Dit raak na­der­hand a­mu­sant om te sien hoe ie­mand staan en vo­ren­toe leun ter­wyl hy ry om so min as moont­lik ge­wig op die pap ag­ter­wiel te plaas. De­s­nie­teen­staan­de het daar uit­ein­de­lik rook uit die ag­ter­wiel be­gin bor­rel soos die pap bin­ne­band bin­ne-in be­gin oor­ver­hit het. Na­der­hand het daar stuk­ke rub­ber be­gin uit­vlieg. En dan wéét jy: Van­dag gaan ’n bit­ter lang dag word.

Ons het na­der­hand so­veel ge­suk­kel dat die reis met t­wee dae kort­ge­knip is en ons e­nig­ste doel was om die t­wee o­ran­je mo­tor­fiet­se by ’n sleep­wa te kry. Toe ons uit­ein­de­lik al t­wee mo­tor­fiet­se op­ge­laai het, het ons ag­ter­ge­kom dat die sleep­wa se on­der­stel ge­kraak het. Dit was ’n Son­dag en die Kaap was nog bit­ter ver. Ge­luk­kig kon ons ’n trok-me­cha­nic op Mo­lo­po op­spoor wat die ding kon reg­sweis so­dat ons dit kon haak en te­rug­ry – net om an­der­kant Nie­woudt­vil­le be­boet te word om­dat die sleep­wa se li­sen­sie­skyf­hou­er ie­wers op ’n sink­plaat­pad af­ge­val het.

Een van my skaam­ste oom­blik­ke was eg­ter toe ’n vriend my een Son­dag­mid­dag laat bel en laat weet dat hy ge­strand is. Ek moet as­se­blief ’n bin­ne­band saam­bring, sy a­von­tuur­mo­tor­fiets se voor­wiel is pap. Ek ry toe maar deur met een van my eie bin­ne­ban­de om te gaan help. Al­tans, dit was die plan. Want al wat ek reg­ge­kry het, was om sy bin­ne­band met die ty­re le­ver stuk­kend te knyp toe ons die band weer te­rug op die vel­ling pro­beer kry het. Hy was nie dik van die lag nie. Ek het ver­leë ge­mom­pel.

Maar ten min­ste sal dit hom t­wee keer laat dink voor­dat hy my weer bel om te kom help. Ve­ral as dit op ’n Son­dag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.