JACO GE­SELS

Nie al­mal weet van 4x4’s nie

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Ja­re ge­le­de, toe ek nog jonk en on­er­va­re was, is ek saam met ’n groep F1on­der­steu­ners Ma­lei­sië toe om na die Grand P­rix op Se­pang, na­by Ku­a­la Lum­pur, te gaan kyk. Dit was ’n uit­een­lo­pen­de groep men­se wat ’n re­de­lik in­ge­wik­kel­de reeks vlug­te soon­toe aan­ge­pak het. Ek sal vir al­tyd ont­hou hoe ons toer­lei­er ons vroeg-vroeg op O.R. Tam­bo (ek dink dit was toe nog Jo­han­nes­burg In­ter­na­si­o­naal) ver­dui­de­lik het wat jy moet doen as jy op ’n lug­ha­we wil weet waar­heen jy moet gaan. “Ont­hou Psalm 121! ‘Ek slaan my oë op na die ber­ge, waar sal my hulp van­daan kom?’ ” het ons toer­lei­er gees­drif­tig ver­klaar. “Want dis daar bó, men­se, waar jul­le die reg­te in­lig­ting oor ter­mi­na­le en vlug­te sal sien!” Al­mal het da­de­lik die By­bel­vers ont­hou en kort voor lank het selfs die mees on­er­va­re lid van ons groep met re­de­li­ke self­ver­troue die res van die lug­ha­wens ge­han­teer.

Maar sê nou maar jy wil ’n bak­kie of ’n 4x4 koop om in die veld mee te ry? Waar gaan jou hulp van­daan kom? Nou en dan loer ek wat men­se op in­ter­net­fo­rums en op Fa­ce­book oor ry­goed te sê het en dan moet ek on­ge­luk­kig my kop skud. Die­self­de geld vir som­mi­ge kol­le­gas wat oor mo­tors skryf. T­wee goed raak gou dui­de­lik: Ou­ens wat op so­si­a­le me­dia me­nings oor ry­goed lug, het ge­woon­lik per­soon­li­ke ken­nis van een, hoog­stens t­wee soor­te voer­tuie. En as ek be­doel ken­nis, be­doel ek ei­e­naar­skap of be­te­ke­nis­vol­le er­va­ring – nie om aan die pas­sa­siers­kant te sit ter­wyl jou pêl gou nog B­litz by S­par gaan koop nie. Die an­der ding is dat die mees­te mo­tor­skry­wers nie reg­tig ’n ken­nis van 4x4’s het nie. En as ek be­doel ken­nis, be­doel ek nie dat hul­le weet hoe­veel ki­lo­watt of rye sit­plek­ke ’n ding het nie. Ek be­doel of hul­le weet of dit ’n ver­skil in die veld maak as ’n ry­ding 19 of 17 duim-wie­le het. Want as ek na baie men­se se sto­ries luis­ter, klink dit nie so nie!

Ons pro­beer ons bes om re­le­van­te in­lig­ting oor ry­goed te pu­bli­seer. Ja, nou en dan slip ons op met ’n teg­nie­se feit. Maar ons gaan nooit as te nim­mer teem oor ’n reg­te 4x4 se “baie bak­rol” (om ’n ren­baan!) nie.

Of die lof be­sing van so-en-so se ou­to­ma­tie­se rat­kas se “blit­si­ge oor­ska­ke­lings” – ter­wyl daai ding re­a­geer teen die­self­de snel­heid as ’n be­amp­te by Bin­ne­land­se Sa­ke. Wen­wenk: As ’n mo­tor­skry­wer na ’n be­hoor­li­ke 4x4 met la­e­s­trek se “bak­rol in draaie” of “on­ge­so­fis­ti­keer­de sus­pen­sie” ver­wys, moet jy weet hy wil eint­lik heel­dag in ’n M3 of ’n Porsche 911 rond­sui­ker. Ver­kies­lik met ’n blon­de pop in die pas­sa­sier­sit­plek.

Die an­der ding waar­oor ons sterk voel, is ons be­stem­mings en die soort in­lig­ting wat ons vir jou gee. Van­dees­maand se t­wee groot reis­ar­ti­kels – die een oor die kuslang­se reis van L­ü­de­ritz tot Wal­vis en die an­der een oor ’n groep Pa­trol-ei­e­naars in die Noord-Kaap – is iets wat jou nie net ’n uur of wat se lees­ge­not sal gee nie, maar ook ’n paar din­ge kan wys­maak. Din­ge wat jou sal help as jy self ’n soort­ge­ly­ke rit wil mee­maak. En ho­pe­lik lag jy ook tus­sen­in oor die din­ge wat an­der men­se sê en doen. Dis die­self­de sto­rie met C­har­les se ar­ti­kel oor hoe om kamp op te slaan. Na al die ja­re is ek steeds ver­stom oor die din­ge wat men­se saam­vat. Soms oor hoe nut­te­loos dit is, en soms oor hoe bril­jant dit is.

En dan het Ger­rie na slaap­sak­ke gaan kyk. Want die win­ter is sta­dig be­sig om ons te be­kruip. As jy dié ar­ti­kel ge­lees het en na de­se steeds koud gaan slaap, het jy nie meer ’n ver­sko­ning nie.

Dit is eg­ter so dat on­deur­dag­te raad baie a­mu­sant is, so dis nie as­of ’n mens wil hê men­se moet skie­lik daar­mee op­hou nie. Want waar­oor sou ons dan om die braai­vleis­vuur ge­lag het?

Nou­ja toe, maak vas die gor­dels. Hier gaat ons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.