ME­DE­WER­KERS

Van 4x4’s tot vlieg­tuie

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

LESERSTORIE, BL. 58

Gideon, sy vrou en sy pa het die pad Namibië toe ge­vat om te sien hoe lyk dit dees­dae by ou weer­mag­ba­sis­se in die Zam­be­zi-streek, voor­heen die Capri­vi.

Wat is jou eer­ste toer­her­in­ne­ring? ’n Eks­pe­di­sie na die Rich­ters­veld met ons ge­sin in my pa se Land Ro­ver Se­ries III. Dit was in Sep­tem­ber 1997, net mooi oor my twaalf­de ver­jaar­dag. Daar is baie tent op­ge­slaan, in ri­vier­wa­ter ge­stort en oor die vuur kos ge­maak.

Die lek­ker­ste plek in die bos waar jy al was? Vir se­ker E­tosha. Wat is die bes­te reis­wenk wat jy tot nog toe ge­kry het? Ry vroeg: Jy gaan nie die grens­pos so vroeg haal soos wat jy dink nie. En vat al­tyd ’n hoed saam.

Toer jy blin­de­lings, of be­plan jy jou reis? ’n (On)ge­son­de kom­bi­na­sie van al­bei: Ek ver­kies om ’n row­we raam­werk te be­plan en die ver­blyf vroeg­ty­dig te re­ël, maar re­de­li­ke buig­saam­heid te be­hou in­ge­val iets in­te­res­sants ons in ’n on­be­plan­de rig­ting neem.

Wat­ter plek in Suid(er)-A­fri­ka wil jy graag be­soek? Ek was nog nie by die S­ke­del­kus nie.

Is daar ’n reis­skry­wer wie se werk jy graag lees? Ek is ’n groot aan­han­ger van Bill Bry­son.

Wat­ter mu­siek prop jy in as jy reis? Dit hang van my bui en die mil­ieu waar­deur ek reis af, maar Mo­dern Tal­king of Bil­ly I­dol is al­tyd wen­ners.

Voor ek sterf . . . Dis ’n moei­li­ke een. O­ki­na­wa in Ja­pan. Be­slis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.