Ont­dek Namibië se ver­steek­te skat­te

Kom saam met WegRy en B­he­ja­ne 4x4 Ad­ven­tu­res op ’n toer na Boes­man­land, die K­hau­dum, die B­wabwa­ta Na­si­o­na­le Park en die Ma­mi­li Na­si­o­na­le Park.

Weg! Ry & Sleep - - RUBRIEK -

DÍS WAT JY KAN VER­WAG: DAG 1

Ons ont­moet me­kaar 125 km noord­oos van Groot­fon­tein by die Gras­hoek­vee­art­se­ny­hek. Dan span­deer ons die aand in ’n kamp by ’n Boes­man­ge­meen­skap en stap saam met een van hul­le gid­se om te leer hoe hul­le leef.

DAG 2

Ná ont­byt ry ons en kom uit­ein­de­lik met ’n sand­paad­jie by Se­ke­re­ti uit – ons kamp­plek in die K­hau­dum Na­si­o­na­le Park. Dis ’n een­vou­di­ge kamp, son­der hei­nings, maar met ’n toi­let en stor­te.

DAG 3 EN 4

Ons ry na die K­hau­dum-kamp waar ons vir die vol­gen­de t­wee aan­de slaap. Deur die dag gaan ons op wil­drit­te na ver­skeie wa­ter­ga­te, waar ons die o­li­fan­te, vo­ël­le­we en mooi om­ge­wing ge­niet. Die K­hau­dum het ook tal­le lui­perds, wil­de­hon­de en bas­ter­gems­bok­ke.

DAG 5

Ná ’n fris ont­byt ver­trek ons in die rig­ting van die O­ka­van­go­ri­vier, waar ons in Mo­bo­la, ’n mooi kamp­ter­rein op die oe­wer met goeie a­blu­sie­ge­rie­we, bly.

DAG 6 EN 7

Ons ry deur die Zam­be­zi- streek (voor­heen die Capri­vi-strook) na die K­wan­do­ri­vier, waar ons die vol­gen­de t­wee nag­te in die prag­ti­ge B­wabwa­ta Na­si­o­na­le Park oor­nag. Ons wil­drit­te neem jou tot by die g­rens van Botswa­na en Namibië. Ons gaan ook op een van die hoog­te­pun­te van die toer: ’n t­wee uur lan­ge stap­toer rond­om die kamp.

DAG 8

Ons eet ont­byt en gaan op ’n wil­drit deur B­wabwa­ta Na­si­o­na­le Park. Laat­mid­dag ge­niet ons nog ’n toer­hoog­te­punt: ’n boot­rit teen ske­mer op die K­wan­do­ri­vier om dié ri­vier se tal­le vo­ël­spe­sies te be­leef.

DAG 9

Ná drie heer­li­ke aan­de in die Mashi-ri­vier­kamp ver­laat ons die K­wan­do­ri­vier en mik vir N­ka­sa Ru­pu­ra Na­si­o­na­le Park. Ons doen ’n wil­drit in die Mu­du­mu Na­si­o­na­le Park en mik suid in die rig­ting van die Liny­an­ti-moe­ras­se.

DAG 10

Ons be­leef ver­de­re a­von­tu­re in N­ka­sa Ru­pu­ra - moe­ras­se, sa­van­na en hoë rie­te is ’n 4x4-en­toe­si­as se droom.

DAG 11

Ons eet ont­byt, sê tot siens en ver­trek dan huis toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.