DIE EINSTEINS VAN DIE BOSKAMP

Weg! Ry & Sleep - - AKTUEEL -

Die rat­te in hier­die fo­rum­ge­brui­kers se kop­pe werk oor­tyd aan uit­vind­sels om die kample­we mak­lik te maak.

BOSSTORT

“Ek het dood­ge­wo­ne PVC-py­pe ge­bruik om ’n stort­hok­kie te maak wat aan my voer­tuig haak. Die gor­dyn hang daar­aan met rin­ge nes ’n huis­stort s’n en dis kom­pak ge­noeg om al­les in ’n kamp­stoel se sak te pas.” – Ma­ri­us Nor­tje

OPWASRAK

“Ek het ’n raam vir ’n ge­mak­li­ke op­was­a­rea ge­bou. Dit haak aan die bui­te­kant van my sleep­wa vas en het plek vir t­wee op­was­bak­ke en ’n droog­rak.” – Jo­han van Rens­burg

DRUK­SPROEI­POMP

“Ons ge­bruik ’n druk­sproei­pomp om in die bos te stort. Ons staan in ’n plas­tiek­skot­tel en ek en my vrou stort én was ha­re met die wa­ter. Die vo­lu­me is net 5 li­ter, maar dank­sy die druk­sproei is dit ge­noeg. Die e­lek­trie­se stor­te ge­bruik te veel wa­ter wan­neer ’n mens op plek­ke soos die Sen­traal-Ka­la­ha­ri kamp, waar jy al jou wa­ter moet aan­ry. As jy die pomp in die son los, stort jy boon­op met heer­li­ke warm wa­ter.

“Ek het dit ook al ge­bruik in Ma­bua om toi­let­te, wat vo­ri­ge kam­peer­ders vuil ge­los het, skoon te spuit.” – Ga­wie van der Mer­we

KITS­KOM­BUIS

“Ek het vir my ’n kits­kom­buis van laag­hout ge­maak, met vlek­vrye-staal­pla­te op die werks­op­per­vlak vir warm pot­te of sny- en kerf­werk. Dis 75 cm breed, 42 cm hoog en 47 cm diep en het een groot en drie klei­ner pot­laaie. Al ons kom­buis­be­no­digd­he­de pas daar­in – van mes­se­goed, ’n sny­bord en ’n kof­fie­pot tot be­kers, gla­se, bor­de en bak­ke. – Hen­nie Groe­ne­wald

YSKASSAKKIE

“Ek het aan die bui­te­kant van my ys­ka­som­hul­sel t­wee sak­kies met ’n ou naai­ma­sjien en ’n bie­tjie seil­doek vas­ge­werk. Een van daai een­li­ter-plas­tiek­bot­tels met ’n soop­maat aan die kant pas per­fek in el­ke sak­kie. Wan­neer die ys­kas in sy gly­raam staan, is die bot­tel­tjies bin­ne mak­li­ke be­reik. Nou maak die kroeg oop so­dra die voer­tuig stil­hou!” – A­dam S­tan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.