HOE MEER EN­JINS, HOE MEER VREUGDE

Weg! Ry & Sleep - - RYGOED -

Volks­wa­gen het pas drie nu­we die­sel- en een pe­trol­en­jin tot die Tiguan-reeks ge­voeg na­dat dit aan­vank­lik net be­skik­baar was met 1.4 TSI-pe­trol­en­jins van on­der­skei­de­lik 92 kW en 110 kW.

Die nu­we en­jins wat by­ge­voeg is, is ’n 2.0 TDI en ’n 2.0 TSI. Die ver­skil­len­de weer­ga­wes van die 2.0 TDI ont­wik­kel on­der­skei­de­lik 81 kW en 280 Nm, 105 kW en 340 Nm, as­ook 130 kW en 380 Nm. Die nu­we 2.0 TSI ont­wik­kel 162 kW en 350 Nm.

Die grond­vry­hoog­te van al­le Tiguan 4Mo­ti­on-weer­ga­wes is 10 mm meer (201 mm teen­oor 191 mm). Boon­op kan die Tiguan ook be­stel word met ’n “Off-Ro­ad Packa­ge” wat sy na­der­hoek van 18,3 gra­de tot 25,6 gra­de ver­be­ter. Die ver­trek- en oor­brug­gings­hoe­ke bly die­self­de teen on­der­skei­de­lik 24,7 en 20 gra­de.

On­ge­ag of die Tiguan die veld­ry­pak­ket het of nie, die voer­tuig kan tot 2,2 ton sleep, na ge­lang van wat­ter en­jin/rat­kas­mo­del jy koop.

Dié ge­slag Tiguan het ook ’n nu­we vorm van 4Mo­ti­on, ge­naamd Acti­ve Con­t­rol. ’n Draaiknop op die in­stru­men­te­pa­neel stel die be­stuur­der in staat om te kies tus­sen “On­ro­ad”, “S­now”, “Of­fro­ad” en “Of­fro­ad In­di­vi­du­al”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.