EK WIL OOK GAAN!

Weg! Ry & Sleep - - BESTEMMING -

WAT­TER SOORT VOER­TUIG HET EK NO­DIG? Be­slis ’n 4x4 met goeie grond­vry­hoog­te en ve­ring, la­e­s­trek, ’n e­we­naar­slot en goeie veld­ry­ban­de. Haal jou tree­plan­ke af in die dui­ne om te voor­kom dat dit be­ska­dig word en ont­hou dat ’n lae voor­ste buf­fer ook ska­de kan op­doen. WAT MOET EK NOG DUI­NE TOE BRING? ’n Kom­pres­sor, ’n band­druk­me­ter en ’n goeie stel her­win­nings­toe­rus­ting. Pak ook ’n gras­net, want daar is de­le waar die gras hoog in die mid­del­man­ne­tjies staan. WAAR IS DIE KAMP­PLEK? Die Trans-Boe­goe-4x4-eko-oord is op die noor­de­li­ke oe­wer van die Oran­je­ri­vier, so­wat 50 km bui­te Gro­blers­hoop. Gro­blers­hoop is min of meer 800 km van Jo­han­nes­burg so­wel as van Kaap­stad. HOE LYK DIE KAMP­PLEK SE GERIEWE? Feit­lik al die kamp­plek­ke is on­der ska­du­bo­me en som­mi­ge het gras. Daar is e­lek­tri­si­teit in die kamp, maar net tus­sen 07:00 en 09:00 sog­gens en ná 17:00 saans. Daar is a­blu­sie­ge­rie­we met warm stor­te. Jy moet jou eie hout, ys en krui­de­niers­wa­re saam­bring – die oord het nie ’n win­kel nie. Bring ge­rus jou vis­stok as jy lief is vir hen­gel, want daar is ’n paar prag­ti­ge vis­vang­plek­ke in en om die kamp. WAAR IS DIE NAAS­TE VULSTASIE EN VOOR­RAAD? Gro­blers­hoop het ’n vulstasie met pe­trol en 50 dpm die­sel. Daar is ook ’n su­per­mark en re­stau­ran­te op die dorp. IS DAAR SEL­FOON­ONT­VANGS? MTN het plek-plek ont­vangs in die kamp. An­der net­wer­ke het net op die teer­pad Gro­blers­hoop se kant toe ont­vangs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.