CAR­MEN SE WILDSPASTEI

Weg! Ry & Sleep - - BOSKOS -

Die vleis kom van die Ka­la­ha­ri se duin­wê­reld en die re­sep bly ’n dig­be­waar­de ge­heim. Al wat ons weet, is

dat jy vir se­conds sal te­rug­gaan! BESTANDDELE:

1 kg ge­maal­de wilds­vleis 200 g ge­maal­de lams­vet 1 mid­del­slag-ui, fyn­ge­kap 1 eet­le­pel ge­roos­ter­de kol­jan­der, ge­maal 2 tee­le­pel fyn sout ½ tee­le­pel fyn pe­per ¼ tee­le­pel fyn neut ½ tee­le­pel fyn na­el­tjies ¼ kop­pie elk a­syn, wor­ces­ter­sous en wa­ter 2 vel­le skil­fer­kors­deeg Melk

SÓ MAAK JY:

Plaas die, vleis, uie, spe­se­rye en vloei­stow­we in ’n meng­bak en meng al­les goed saam, maar moe­nie oor­werk nie. Hou jou deeg koud voor­dat jy daar­mee werk. S­prin­kel ’n bie­tjie meel op ’n werkop­per- vlak en rol die deeg ver­sig­tig uit sy pak­kies uit. S­prin­kel met nog ’n bie­tjie meel en rol die deeg dun­ner uit.

Met ’n klein­bord­jie sny jy sir­kels deeg uit. Skep le­pels vol vul­sel op die een helf­te van die sir­kel, maar maak se­ker dat die rand (om­trent ’n vin­ger­lit se leng­te) van die sir­kel skoon bly. Smeer wa­ter oor die hier­die skoon rand van die deeg en vou dan die an­der helf­te van die deeg oor die vleis om ’n half­maan te vorm. Met jou vin­ger knyp jy dan die rand toe so­dat die pas­tei ver­se­ël is.

P­rik elk pas­teie drie keer met ’n vurk en smeer ’n bie­tjie melk oor die deeg. Bak vir 30 mi­nu­te in ’n oond wat reeds teen 180 0C ver­hit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.