6 VAN DIE BES­TE

Met dié na­week­be­stem­mings het jy g’n ver­sko­ning om rond te lê nie

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

1 Mool­mans­hoek, Ficks­burg, Vry­staat

Daar is min plek­ke wat so goed in­ge­rig is vir ’n lek­ker na­week as Mool­mans­hoek. Be­soe­kers het ’n keu­se van ’n goed in­ge­rig­te kam­peer­plek of een van die luuk­se en sui­te-ka­mers en drie ver­skil­len­de 4x4-roe­tes: Vi­sier­skerf (20 km, 4-5 uur), Lan­ge­s­nek (10 km, 2-3 uur) of Kie­per­sol (8 km, 2-3 uur).

En ter­wyl jy daar is, kan jy ook perd­ry, stap, kuns­vlieg­hen­gel be­oe­fen, berg­fiets­ry en selfs ab­seil. En as jy lus is vir ’n wil­drit, kan jy saam met gid­se gaan wat jou spe­sies soos die swart­wil­de­bees, se­bra, s­pring­bok, bles­bok, berg­rib­bok, steen­bok, dui­ker, rooi­har­te­bees, e­land, gems­bok en vol­struis kan wys.

Of jy kan som­mer net die na­week daar af­pak en rus. Mool­mans­hoek be­dien puik ont­by­te en aand­e­tes, maar vir mid­dag­e­tes moet jy self plan maak. Kon­tak: www.mool­mans­hoek.co.za; in­fo@mool­mans­hoek.co.za; 051 933 2220/051 933 3729 of 082 788 6623

2 Boe­goe­berg-4x4, tus­sen Clan­wil­li­am en Re­de­ling­huys

As jy na Boe­goe­berg toe wil gaan, moet jy dalk die Vry­dag­mid­dag ’n bie­tjie vroe­ër huis toe gaan so­dat jy nie te laat op die na­ge­noeg 220 km lan­ge reis soon­toe ver­trek nie.

Maar as jy eers daar aan­ge­kom het, kan jy be­hoor­lik in die prag­ti­ge kam­peer­ter­rein om ’n na­tuur­lik swem­bad ont­span. Hier is die staan­plek op ver­skil­len­de vlak­ke, met ge­noeg bo­me en an­der na­tuur­li­ke skui­lings so­dat dit nooit voel as­of jy op­me­kaar kam­peer nie.

Dan is daar die roe­tes self. Jy het een van drie keu­ses: Jy kan in die sand­roe­te of in die ri­vier­loop la­er on­der­toe gaan speel – of jy kan gaan kyk wat in jou ry­ding steek op die Ou Don­kie­kar­roe­te in die berg. Maar wees ver­se­ker: As jou ry­ding laag is, pad­ge­o­ri­ën­teer­de of kwes­ba­re t­re­ë­plan­ke het, gaan iets ie­wers krap of buig, want dis plek-plek ’n be­hoor­li­ke graad 4-roe­te.

Die kam­peer­ter­rein is eg­ter een van die mooi­stes in die land en jy sal laat­aand be­haag­lik aan ’n koue kan teug ter­wyl jy om die vuur sit en die dag se “oor­logsto­ries” deel. Kon­tak: www.boe­goe­berg4x4.co.za; 027 482 2933; 083 632 2634 (Sy­brie)

3 Moe­gat­le, B­rits Die Moe­gat­le-4x4-roe­te na­by B­rits is ’n veld­roe­te waar jy die a­dre­na­lien­kra­ne or­dent­lik kan oop­draai. Dié 4x4-roe­te is be­kend (of is dit dalk eer­der be­rug?) vir sy laas­te hin­der­nis – Koos se Klip – ’n reus­ag­ti­ge rots­berg waar jy teen ’n 43 gra­de-hoek moet af­skuur.

Die dap­per man­ne pro­beer hom ook in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting uit­ry. Maar om teen Koos se Klip óp te ry, moet jy weet wat jy doen. Gaan kyk maar na die fo­to’s in die kroeg by Moe­gat­le se kamp­ter­rein.

’n He­le paar voer­tuie wat hier op­ge­ry het, het nie weer self af­ge­ry nie. Op par­ty fo­to’s lê die ry­goed op hul­le sye, in an­der op die dak.

Pe­ter Le­vey, een van WegRy se roe­te­gra­deer­ders, het nie oor­dryf toe hy Moe­gat­le ’n paar jaar ge­le­de as een van die drie rof­ste roe­tes in die land ge­lys het nie.

A­lex Ful­lard, die roe­te-ei­e­naar, het dié hin­der­nis­se mooi uit­ge­dink. Jy ry eers deur ’n soort speel­park met be­skaaf­de hin­der­nis­se om jou ar­ti­ku­la­sie­spie­re op te warm, en die be­we­ra­sies te help kal­meer as jy vroe­ër te lank vir die kroeg­muur ge­staar het. Van daar af kron­kel die roe­te in ’n ri­vier­loop af, met ver­skeie hin­der­nis­se in en om sy loop, tot­dat jy uit­ein­de­lik by Koos se Klip uit­kom.

Die roe­te het ver­skeie as­kno­pers, wa­ter­hin­der­nis­se en bul­te. Die hin­der­nis­se wis­sel van graad 2 tot 5 en sal jou en jou voer­tuig or­dent­lik be­proef, maar daar is eg­ter ont­snap­roe­tes op die mees­te hin­der­nis­se (Koos se Klip in­ge­sluit).

A­lex kan jou teen ’n klein ta­rief be­ge­lei, maar jy kry in elk ge­val ’n roe­te­kaart met GPS-ko­ör­di­na­te vir el­ke hin­der­nis. Van­weë die moei­lik­heids­graad van par­ty hin­der­nis­se stel ons voor jy laai vir A­lex in.

Te­rug by die kroeg wag ’n heer­li­ke kamp­ter­rein met ’n swem­bad, krag, ruim staan­plek­ke met baie ska­du­wee en net­jie­se a­blu­sie­ge­rie­we. Daar is ook cha­lets, ka­mers en sa­fa­ri­ten­te be­skik­baar. Kon­tak: A­lex Ful­lard 082 823 1004; Bet­sie Ful­lard 082 441 6270; moe­gat­le4x4trails@vo­da­mail.co.za.

4 Hla­ne, S­wa­zi­land Dis dik­wels ver­ba­send om te hoor hoe min men­se in ’n ge­sel­skap van reis­lief­heb­bers al in die Ko­nink­ryk van S­wa­zi­land was. Skaars drie uur se ry bui­te Gau­teng vind jy jou­self gou in ’n heel an­der wê­reld as Suid-A­fri­ka, waar ’n ko­ning nog sep­ter swaai en die na­tuur­skoon bin­ne ’n paar ure se ry to­taal ver­an­der. S­wa­zi­land het ook ’n veel be­ter ge­skie­de­nis as Suid-A­fri­ka wat be­tref re­nos­ter­be­sker­ming en jy gaan be­slis re­nos­ters in dié land se re­ser­va­te sien.

Min plek­ke kan kers vas­hou as dit kom by na­week­be­stem­mings waar jy voel as­of jy heel­te­mal weg­kom.

By die Hla­ne Na­si­o­na­le Park in die noord­oos­te van die land is dit pu­re La­e­veld – plat stow­we­ri­ge rooi­grond oor­trek met se­kel­bos waar jy voel as­of jy ê­rens na­by die Kru­ger­wild­tuin ry.

Hla­ne se naam be­te­ken “wil­der­nis”, maar die re­ser­vaat is in kam­pe ver­deel en word by­na soos ’n wild­s­plaas be­stuur. Nie al die wild loop dus in die­self­de kam­pe rond nie.

Dit klink dalk nie so na­tuur­lik soos die wild­tuin nie, maar dit be­te­ken dat jy óral die­re sien. Die re­nos­ters wei ’n ent­jie van die re­stau­rant en kroeg af, jy hoor die leeus som­mer na­by die kamp­ter­rein brul en die hi­ë­nas sal jou tjops van die vuur af kom steel as jy nie wyd kyk nie.

Be­hal­we vir leeus, o­li­fan­te en re­nos­ters het Hla­ne ook die groot­ste ver­sa­me­ling wit­rugaas­vo­ëls ter wê­reld en groot swerms ma­ra­boe-ooi­e­vaars.

Op Sa­ter­dag­og­gend kan jy vroeg roer vir ’n wil­drit om die leeus te gaan kyk. Jy kry ook kof­fie of tee en ’n lig­te ont­byt in die veld (teen ’n baie bil­li­ker prys as in tal­le SuidA­fri­kaan­se re­ser­va­te).

En die heel lek­ker­ste is dalk die feit dat Hla­ne nie e­lek­tri­si­teit het nie. Pa­raf­fien­lam­pies ver­lig saans die kamp­ter­rein en die kroeg- en re­stau­ran­t­a­rea gloei in die lig van ’n lek­ker kamp­vuur en ’n paar flou­e­ri­ge son­krag­lam­pies. Nou dís mos ’n wa­re weg­breek. Kon­tak: Hla­ne-na­tuur­re­ser­vaat +268 2528 3943/4; re­ser­va­ti­ons@ big­ga­me­parks.org. As jy deur S­wa­zi­land saam met B­he­ja­ne Ad­ven­tu­res wil toer, kon­tak vir Frank Car­lis­le by 044 535 9257 (te­le­foon en faks); in­fo@b­he­ja­ne.com

5 Anys­berg-na­tuur­re­ser­vaat, Klein-Ka­roo Die R62 met sy in­te­res­san­te dor­pies is al­tyd ’n goeie op­sie vir ’n lui­lek­ker na­week-weg­breek, maar as jy op soek is na be­hoor­li­ke af­son­de­ring is die Anys­berg-na­tuur­re­ser­vaat net die plek vir jou.

Dié lang­wer­pi­ge re­ser­vaat lê in ’n knus val­lei min of meer half­pad tus­sen die R62 en die N1. Daar is ’n kam­peer­ter­rein hier met vyf staan­plek­ke (mak­si­mum 6 men­se per staan­plek), as­ook vyf net­jie­se self­sorg­kot­hui­se met son­krag, gas­sto­we, eie bad­ka­mers en toe­ge­rus­te kom­bui­se. Dan is daar ook Tap­fon­tein, wat net met ’n 4x4 be­reik­baar is. Hier is vier kot­hui­se son­der e­lek­tri­si­teit en as jy hier kamp, voel dit of jy die e­nig­ste mens in die Klein-Ka­roo is.

By die hoof­kamp is daar ’n lief­li­ke swem­dam wat op warm so­mer­dae wel­ko­me la­fe­nis bied. En as jy ge­mak­lik in ’n saal is, kan jy ook die park te perd ver­ken, iets wat min an­der par­ke bied. Daar is ook ’n aan­tal lek­ker grond­pas­se – soos die Ou­berg­pas dus­kant Mon­ta­gue, die Se­we­weeks­poort­pas na­by La­di­smith en die Swart­berg­pas bui­te Oudts­hoorn – in die na­by­heid. Kon­tak: 021 483 0190 of re­ser­va­ti­on.a­lert@ca­pe­na­tu­re.co.za

6 Ma­goe­bas­kloof, Limpopo Het jy ge­weet dat daar we­li­ge re­ën­wou­de in Limpopo is wat met dié van Knys­na ver­ge­lyk kan word? Skaars vier uur noord-oos van P­re­to­ria lê Ma­goe­bas­kloof, ’n ruie en vrug­ba­re ge­bied waar jy die hoog­ste ber­ge in die pro­vin­sie sal aan­tref. Daar­die ein­ste ber­ge keer die wol­ke hier vas so­dat die net­werk grond­paaie deur die wou­de en plan­ta­sies nooit or­dent­lik droog word nie. Dit is dus van die mooi­ste plek­ke wat net met ’n 4x4 be­reik­baar is.

Ge­praat van mooi plek­ke – daar is by­na té veel in en om Ma­goe­bas­kloof om oor ’n en­ke­le na­week by uit te kom. Die in­heem­se wou­de hier is die naas­groot­ste in die land en wa­ter­val­le, ri­vie­re en dam­me is vol­op. Die Mod­ja­dji-brood­boom­re­ser­vaat is die groot­ste van sy aard in die wê­reld en op die Sun­land-man­go­p­laas staan die wê­reld se groot­ste kre­me­tart. En jy sal ook die wê­reld se groot­ste aan­ge­plan­te bloe­kom­bo­me in hier­die wou­de aan­tref. Die ge­bied is ge­wild on­der kuns­vlieg-hen­ge­laars as­ook vo­ël­ky­kers, met skaars vo­ël­soor­te, soos die swart­oog­bos­laks­man. As jy a­von­tuur­lus­tig voel, kan jy by Ma­goe­bas­kloof Ad­ven­tu­res met ’n gly­ka­bel ( zi­pli­ne) oor die Groot-Le­ta­ba­ri­vier gly, deur stroom­ver­snel­lings in ’n op­blaas­band tui­mel of teen kran­se af ab­seil.

Maak ge­rus ’n draai in Ha­e­nerts­burg, ’n klein dor­pie aan die bo-punt van die val­lei wat sy oor­sprong uit die goud­myn­be­dryf van toe­ka het. Hier is ’n hand­jie­vol eet­plek­ke en goeie ver­blyfop­sies as jy nie lus is vir kam­peer nie. En as jy dors raak, pro­beer ge­rus die plaas­lik ge­brou­de Z­wa­ka­la-bier in die Iron Cro­wn Pub. Meer in­lig­ting: www.ma­goe­bas­kloof­tou­rism.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.