GOODYEAR SE VEELTERREINBAND NÓG TAAIER

WRANG­LER ALL-TER­RAIN ADVENTURE

Weg! Ry & Sleep - - TOERUSTING -

Goodyear se be­ken­de veelterreinband, die Wrang­ler AT/SA+, is on­langs met ’n nu­we band ver­vang – die Wrang­ler All-Ter­rain Adventure. Dié Goodyear word nou met Ke­vlar in die band se loop­vlak toe­ge­rus. Ke­vlar is ’n ra­tel­taai ma­te­ri­aal van die DuPont-maat­skap­py wat ook in goed soos koe­ël­vas­te baad­jies ge­bruik word. Die Adventure se loop­vlak sal voort­aan dus heel­wat meer be­stand wees teen snye en ga­te.

Die sy­wan­de word steeds met Goodyear se Du­ra­wall-sy­wand­be­sker­ming toe­ge­rus, maar kry ook nou ’n ek­stra laag ny­lon­be­sker­ming. Hier­die laag strek om­trent tot in die helf­te van die sy­wand, het A­lex­and­re S­cha­ris, hoof van die Adventure-ont­werp­span, ty­dens die be­kend­stel­ling aan WegRy ge­sê.

Die byt­vlak­ke rond­om die kan­te van die band ( bi­ting ed­ges) is ver­be­ter vir nog meer vas­trap­ver­moë en die skou­er­blok­ke ( shoul­der blocks) bo die sy­wan­de is gro­ter. Dit help weer dat jou nu­we Goody­e­ars vin­ni­ger van mod­der ont­slae raak.

Goodyear Wrang­ler All-Ter­rain Adventure sal van­af A­pril by Hi-Q en an­der Goodyear-han­de­laars be­skik­baar wees. Die maat­skap­py kon nie pry­se ty­dens die be­kend­stel­ling be­ves­tig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.