UIT DIE PERD SE BEK

Weg! Ry & Sleep - - BESTEMMING -

Die toer­groep het be­staan uit be­stuur­ders met ver­skil­len­de vlak­ke van er­va­ring en ver­skil­len­de re­des waar­om hul­le die toer ge­doen het. Hier is hul­le wen­ke aan an­der rei­si­gers.

LU­DOLF EN SON­JA VAN DER MER­WE

P­RE­TO­RIA Land Crui­ser Pra­do 4 l pe­trol Hier­die toer was Lu­dolf en Son­ja se eer­ste or­dent­li­ke 4x4-a­von­tuur, daar­om het hul­le het nie heel­te­mal ge­weet wat om te ver­wag nie.

Hoog­te­punt van die toer?

Lu­dolf: Toe ek be­sef waar­toe nie net ek nie, maar ook die teg­no­lo­gie in staat is. Ve­ral as jy sien waar jy moet uit­kom en die voer­tuig kan dit doen!

Raad vir an­der wat wil kom?

Son­ja: Be­rei die ba­sie­se goed voor, maar moe­nie te veel voor­uit be­plan vir jou dae in die woes­tyn nie. Just go with the flow!

WIL­LIE SCHREUDER

VREDENDAL Toyo­ta For­tu­ner 3.0 D-4D “Oom Wil­lie”, soos hy aan die groep be­kend was, het al wyd ge­reis en het geen pro­bleem om al­leen te ry as dit moet nie.

Hoe is dit om al­leen te reis?

Dit is lek­ker om nie ’n ver­ant­woor­de­lik­heid teen­oor ’n pas­sa­sier te hê nie. Jy kan doen wat jy wil en jy het nie veel no­dig nie. As jou vrou vir jou ge­pak het, pak die helf­te uit en jy is reg.

PE­TER EN KAT LEVAY

P­RE­TO­RIA Jeep Wrang­ler Ru­bi­con 3.6 l pe­trol Al­hoe­wel hul­le nie pro­fes­si­o­ne­le fo­to- gra­we is nie, is hul­le er­va­re en het al wyd en syd ge­reis op soek na die per­fek­te kie­kies.

Wat is die bes­te fo­to­ge­leent­he­de op hier­die toer?

Kat:

Die ver­skei­den­heid is die bes­te, jy het so­veel goed om af te neem. In een dag het ons deur se­we ver­skil­len­de ge­bie­de ge­ry. Waar an­ders kry jy dit?

Be­lang­rik­ste goed vir fo­to­gra­we om in te pak?

Pe­ter: Be­hal­we na­tuur­lik die ka­me­ra, stel ek voor jy bring ’n goeie drie­poot. Ook ek­stra bat­te­rye en ’n kar-laai­er. ’n S­koon­maak­stel is be­lang­rik en ek sal ook ’n re­ën­jas pak net vir die wis en die on­wis.

AN­TON EN MOL­LY JA­COBS

P­RE­TO­RIA Ford Ran­ger 3.2 l die­sel Die eg­paar was aan die be­gin van ’n toer van drie maan­de, daar­om was hul­le Ford met tye meer van ’n pak­don­kie as ’n re­sies­perd.

Pak­wen­ke vir vroue?

Mol­ly: Wet wipes is nom­mer een! Ek het ge­vind as ek los goed in sak­kies sit so­dat dit nie in die kar rond­val nie, help dit baie. En ek hou al­tyd ’n skêr voor in die voer­tuig – dit kom goed te pas vir baie din­ge.

Wat het jy ge­leer oor duin­ry?

An­ton: Ek het niks ge­weet oor duin­ry voor dié toer nie en nou het ek da­rem ’n bie­tjie daar­van ge­leer. Ek sou sê die be­lang­rik­ste ding is om so lig as moont­lik te pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.