Bed met ’n plan

Weg! Ry & Sleep - - WOONWATOETS -

Die bed slaan uit die voor­kant van die romp oor die dis­sel­boom plat, en jy moet dít doen voor jy die op­wip­dak kan lig. Wan­neer dit toe­ge­vou is, staan die ver­ste punt van die bed teen die op­wip­dak, met sy lip­pie wat oor die kant van die toe op­wip­dak pas.

Uit die meer as 100 wa­ens wat ons al oor die ja­re ge­toets het, is hier­die een van die bes­te plan­ne wat ons nog ge­sien het om te keer dat die op­wip­dak oop­slaan ter­wyl jy ry.

Die bed­ge­deel­te en die seil wat oor die bed span, is los van me­kaar, en die een punt van die seil is aan die op­wip­dak vas­ge­heg. Oor die punt van die kop­pen­ent pas ’n los U-raam waar­oor jy die seil trek. Aan die rand van die seil is ’n soom met rek wat jy by ha­kies on­der die bed in­haak om dit te span.

Bin­ne die Armadillo, op al­bei hoe­ke van die U-raam, pas ’n los ver­stel­ba­re paal wat tot teen die op­ge­sla­ne op­wip­dak ver­leng en waar­mee jy die seil net­jies oor die bed span. (In die nu­we Ar ma­dil­lo­mo del­le is die raam in die seil in­ge­soom en nie los nie.)

Die bo­seil oor die bed­ge­deel­te span met ses los veer­be­laai­de staal­lat­te en keer die son en re­ën van die seil bo die bed. Die bed is op sy beurt net gro­ter as ’n dub­bel­bed en die gaas­ge­deel­tes van die ven­sters in die seil­kan­te kan heel­te­mal weg­rits. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.