MY WIELE

Wie s’n is die sterk­ste, die slim­ste, die mooi­ste, die ge­mak­lik­ste en die bes­te waar­de vir geld? Drie le­sers ver­tel meer oor wat in hul­le mo­tor­huis staan.

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS -

Agterstevoor, on­der­ste­bo

2006 MOTORHOME-WORLD DISCOVERER 4 Soms kom jy men­se teë wat hul­le ry­ding ag­ter hul­le huis-op-wiele haak. Men­se soos Lin­da du P­les­sis van Bult­fon­tein in die Vry­staat. Ons is se­ker an­ders as die mees­te sle­pers om­dat ons ry­ding aan ons kamp­huis ge­haak word en nie an­ders­om nie. Ons sleep ons Su­zu­ki Jim­ny aan ons 2006 Motorhome-World Discoverer 4-ry­huis. Ons het die Discoverer in 2012

nuut ge­koop vir R250 000, en in die vyf jaar wat ons al só kamp, was dit nog net ’n ple­sier. Ons hou ver­al van sy krag teen op­draan­des én die feit dat ons lek­ker hoog sit wan­neer ons ry.

Sy werk­ver­rig­ting is uit­ste­kend, ons ry in ge­rief en hy sleep die Jim­ny son­der e­ni­ge pro­ble­me. Ons kan lag­lag teen 120 km/h ry, selfs met die kar op die haak, en dan kry ons boon­op

11 ℓ/100 km. Son­der iets op die haak gee hy ons 9,5 ℓ/100 km.

Ons laat ons nie deur die ry­huis be­perk nie. As ons by­voor­beeld Rich

ters­veld toe gaan en in die boen­does wil gaan kamp, dan los ons die ry­huis on­der toe­sig by ’n oord, laai ons tent in die Jim­ny en vat die pad.

Ons het al ons pro­ble­me ook ge­had, maar ons ry­huis is steeds pu­re kamp

ple­sier. As ons kon, sou ons nou vir ons ’n nu­we Discoverer ge­koop het. Dit is al­les wat ’n mens wil hê.

Ons kamp die he­le land vol en gaan draai ge­reeld in Na­mi­bië. Die wê­reld om ons is beeld­skoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.