TOE­RUS­TING

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS -

Of jy nou vir die son of die re­ën wil skuil, on­der die dak van dié koe­pel­ga­ze­bo sal jy ge­hol­pe wees. En met ’n groot­te van 4,5 x 4,5 m (en ’n hoog­te van 2,28 m op sy hoog­ste punt) is daar plek vir die he­le ge­sin om lek­ker te kui­er. Sy dak­seil het SBF50-be­sker­ming teen die son en is ook wa­ter­dig met sy 600 mm-wa­ter­ko­lom.

Jy slaan hom met 19 mm-pa­le van vlek­vrye staal op en die seil het ’n a­lu­mi­ni­um­laag wat die son se ge­vaar­li­ke UV-stra­le weer­kaats en sorg vir ’n heer­li­ke koel kui­er­ruim­te. Jy an­ker hom ook son­der moei­te met die toue wat aan die dak­seil vas is.

Prys R3 500 by bui­te­le­we­win­kels.

Weg Ry & Sleep sê Die Co­le­man E­vent Shelter Pro weeg ’n vol­le 22 kg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.