WOONWATOETS

Eko Veld Ge­ar is nog nuut in die bo­swa­wê­reld, maar die aan­vraag na hul­le wa­ens is al klaar groot.

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS - Teks en fo­to’s Leon Bo­tha

’n Nu­we bos­woon­wa op die mark is al­tyd goeie nuus, want dit gee ko­pers ’n gro­ter keu­se. Én in ’n nu­we wa kan jy ook die mees­te van die tyd ’n paar slim plan­ne en nu­wig­he­de ver­wag.

’n Bos­woon­wa kan net op so­veel ma­nie­re ge­bou word, en die ge­heim vir ’n ge­rief­li­ke en prak­tie­se wa lê in die uit­leg en hoe al­les in­me­kaar pas. Eko Veld Ge­ar se Armadillo is goed uit­ge­lê en het ’n he­le paar in­ge­bou­de slim­mig­he­de.

Die pa-en-seun-ven­no­te Fa­nie en Ri­aan Bo­tha van Kaap­stad het tot ’n jaar of wat ge­le­de nog in die bou van bak­kie­kap­pies ge­spe­si­a­li­seer, maar toe be­sluit hul­le wil ook woon­wa­ens bou.

Hul­le Armadillo met sy ge­gal­va­ni­seer­de on­der­stel en romp wat gro­ten­deels uit a­lu­mi­ni­um be­staan, het ’n he­le paar nuut­jies.

Ons het die heel eer­ste Armadillo in die fa­briek in Brac­ken­fell gaan haak, ’n wye draai met hom ge­sleep en in ’n klom­pie par­ke in die Ka­roo gaan af­haak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.