NUUS

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS -

Bush Nest se Pie­ter van G­reu­ning spe­si­a­li­seer in die bou van bos­wa­ens, en sy nuut­ste toe­voe­ging tot die mark noem hy die Pa­trys.

Met die Pa­trys breek Pie­ter weg van die norm van ’n kom­buis aan die lin­ker­kant; die Pa­trys se kom­buis sit aan die ag­ter­kant. Die he­le ag­ter­kant slaan met ’n deur oop wat ook som­mer as ’n kits­dak bo die kom­buis dien. In die kom­buis, met rak­ke in die romp, is plek vir on­der meer ’n ys-vries­kas van tot 80 ℓ, ’n twee­plaat­gas­stoof en ’n was­bak. Die werk­blad slaan wel uit die lin­ker­pa­neel regs van die deur plat tot net bo die wiel. On­der die deur vou ’n trap­pie van die on­der­stel af uit en jy hoef dus nie ’n los trap­pie saam te ry nie.

’n Ko­nin­gin­groot­te bed (ma­tras­dik­te 15 cm) slaan uit die reg­ter­pa­neel plat en jy trek ’n los af­dak­kie daar­oor om jou teen die weer te be­skerm.

Die stoep­dak, wat soos ’n vlerk oop­vou, strek van die deur tot bo-oor die kom­buis én die kom­buis­deur­af­dak. Die op­wip­dak lig links na bo.

Jy kry die op­sie van ’n was­bak met warm en koue wa­ter in die wa – ’n ge­rief wat jy nie in al­le bos­wa­ens kry nie. Dit trek van die kom­buis­kant af uit. Die Pa­trys het ’n 75 ℓ-wa­ter­tenk met ’n pomp wat die druk na die kra­ne toe ou­to­ma­ties re­gu­leer.

Pie­ter bou die wa op ’n ge­gal­va­ni­seer­de on­der­stel en ge­bruik Bur­quip se on­af­hank­li­ke volg­arm­ve­ring wat jy in die duur­der bos­wa­ens op die mark sien. Dié ve­ring het t­wee skok­bre­kers aan el­ke kant as­ook ’n krul­veer. Die romp se raam­werk is van a­lu­mi­ni­um en die pa­ne­le van ’n nu­wer­wet­se glas­ve­sel met ’n heu­ning­koek- struk­tuur. Dis ’n ste­wi­ge en goed­ge­ï­so­leer­de wa.

In die neus­kas is plek vir t­wee 4,5 kg-gas­bot­tels, en die nood­wiel, wat ook stan­daard is, staan op die A-raam voor die neus­kas. Wat is op­si­o­neel? On­der meer die sy­pa­ne­le vir die stoeptent, ’n 12V-bat­ter­y­stel­sel as­ook die bin­ne­was­bak. Die sy­fers 4,1 (l) x 1,9 (b) x 1,9 m (h); tar­ra 850 kg; dra­ver­moë 1 000 kg; BVM 1 850 kg. Prys R200 000. Kon­tak 082 924 4076 of 012 331 1105; pie­ter@bushnest. co.za; bushnest.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.