BRIE­WE

Weg! Ry & Sleep - - CONTENTS - JO­HAN COETZER Mo­re­le­ta­park, P­re­to­ria

Ek en my vrou, D­rie­nie, het in A­pril saam met my swa­er-hul­le, Daan en Lin­da Bo­tha, ’n va­kan­sie na die noor­de aan­ge­durf in ons 4x4’s. Die K­gala­ga­di-oor­grens­park is ons eer­ste be­stem­ming en die eer­ste drie nag­te in die Nos­sob-kamp vlieg ver­by. Van hier af ry ons die Nos­sob-4x4-e­ko­roe­te en slaap die eer­ste nag in die Swart­bas-kamp. Die aand ont­aard in ’n lang nag van vrees, want ’n trop leeus keer ons 12 uur lank in ons dak­ten­te vas.

Daar­na kamp ons in T­wee Ri­vie­ren en toe is ons na Botswa­na oor Ma­to­pi en die Bo­so­bo­go­lo­pan tot in die Mo­re­mi-re­ser­vaat. Ons be­soek on­der meer die Khwai­ri­vier as­ook die Sa­vu­tistreek en Liny­an­ti.

Die reis staan ein­de se kant toe en ons wil ons voor­laas­te nag op Ku­bu-ei­land in die Mak­ga­dik­ga­di­pan­ne deur­bring. Teen laat­mid­dag is ons am­per daar en sien ’n Nis­san Pat­hfin­der wat in die mod­der vas­ge­val het. Dis ’n Fran­se ou­er­paar met hul­le drie jong kin­ders, en Ou­ma en Ou­pa is ook saam. Die Ven­ter­tjie wat hul­le sleep, is om­trent in­ge­sluk deur die mod­der. Hul­le was op pad na die dor­pie G­we­ta, maar het die af­draai ge­mis en hier sit hul­le.

Ewe voor­ba­rig bied ek aan om hul­le met my Toyo­ta Hi­lux uit die ge­mors te kry, maar vinnig word ek ook ’n slag­of­fer van die pan­ne. Daan het ewe slim sy Ford Ran­ger uit die mod­der ge­hou, juis in­ge­val din­ge nog ver­der skeef loop. Met ’n paar gra­we en ’n wen­as is ons al­mal net ná son­on­der uit die mod­der en ons be­sluit om vir die nag som­mer net hier kamp op te slaan. Die Fran­se be­sluit hul­le pak eer­der die pad na Let­ha­ka­ne in die don­ker aan.

Vroeg­og­gend val ons weer in die pad – ook na Let­hka­ne – en skaars 5 km ver­der sien ons die Pat­hfin­der weer tot op sy maag in die mod­der! Die Fran­se het hier vas­ge­val vir die nag. Hul­le was nie voor­be­reid om langs die pad te slaap nie en het nie ten­te, kom­ber­se of kos by hul­le ge­had nie; net hul­le kle­re en warm bier.

Ons is spyt ons het hul­le die vo­ri­ge dag al­leen ver­der laat ry, maar t­wee uur la­ter is hul­le da­rem weer uit die mod­der uit.

Die ou­ma het hart­pro­ble­me, en dit laat my te­rug­dink aan 2009 toe ek ’n hart­aan­val hier op die Mak­ga­dik­ga­di­pan­ne ge­had het. Hoe sou ons met ons­self kon saam­leef as dié men­se iets oor­ge­kom het?

Hul­le het ge­sê hul­le maak in Sep­tem­ber weer ’n draai in Suid-A­fri­ka, en het ons ’n braai met Fran­se sjam­pan­je be­lo­we!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.