F­leet­li­ne al die pad

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - MARIUS EN PIKKIE MULLER Ne­w­cas­t­le

Jo­han Hat­tingh vra in sy brief in die Ju­nie-uit­ga­we van WegSleep waar die ou wa­ens dan is.

Ons 33 jaar oue Jur­gens F­leet­li­ne 5S het my ou­ers van 1984 tot 1995 baie kamp­ple­sier ver­skaf. My jon­ger broer-hul­le, Werner en Ce­les­te Muller, het daar­na 12 jaar lank lek­ker met die F­leet­li­ne ge­kamp. En ek het hom 10 jaar te­rug oor­ge­neem en kamp steeds ge­reeld met dié wa.

Oor die ja­re is die F­leet­li­ne met om­trent 15 ver­skil­len­de voer­tuie ge­sleep – van 1600’s tot V6-bak­kies.

Elk­een wat die wa oor­ge­neem het, het die ban­ke weer oor­ge­trek en die gor­dy­ne ver­an­der. Toe ons hom ge­kry het, het ons nu­we bank­kus­sings laat sny en oor­trek, en die gor­dy­ne met PVC-blin­dings ver­vang. Die klein Con­sul Ju­ni­or-ys­kas moes plek maak vir ons kroeg­ys­kas­sie. (Die Con­sul-ys­kas werk nog uit­ste­kend en doen diens in my kan­toor.)

Ons het in­tus­sen ook ’n nu­we tent laat maak, en die seil on­der die op­wip­dak en gas­stut­te is vol­gen­de op ons ly­sie. An­der­sins is die F­leet­li­ne nog in ’n uit­ste­ken­de toe­stand. Ons sleep hom die laas­te t­wee jaar met ons GWM H5 2.0 VGT (ou­to­ma­ties).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.