Ha­poor­dam, Ad­do-o­li­fant-na­si­o­na­le park, Oos-Kaap

Weg! Ry & Sleep - - SES VAN DIE BESTES -

Die hoof­re­de waar­om jy hier­heen kom, is om die groot­ste land­dier in sy vol­le glo­rie te sien. Merk die Ha­poor­dam op jou kaart, want dis die by­me­kaar­kom­plek van die groot­voe­te. Jy ry ’n ki­lo­me­ter an­der­kant die kamp­ter­rein se ont­vangs­kan­toor by die wild­ge­bied se hek in, en die dam is dan so­wat 11 km ver­der.

Hapoor was ’n raps meer as twin­tig jaar as ’t wa­re die hoof­man van Ad­do se o­li­fan­te, maar die jon­ger bul­le het hom ui­t­ein­de­lik uit­ge­skop en hy het uit die park ge­dros. (Sy hapoor het hy in ’n skie­te­ry in sy jon­ger dae ge­kry, en ná sy dros­te­ry moes hy ui­t­ein­de­lik van kant ge­maak word.)

Dit lyk soms soos ’n o­li­fantre­ü­nie of -streek­saam­trek – ’n mens sien mak­lik tot 200 op ’n slag. Geen fo­to kan die ge­voel vas­vang wat jy kry as jy een in le­wen­de ly­we sien nie, maar hier by die dam be­leef jy dit wan­neer ’n 5 t-o­li­fant­bul reg by jou oop kar­ven­ster ver­by stap.

By Ad­do se kamp­ter­rein kan jy kies uit een van 12 klein tent­staan­plek­ke met min koelte of 21 ruim woon­wap­lek­ke met heel­wat koelte. En as jy nie lus het om al die pad Ha­poor­dam toe te ry nie, kan jy af­stap tot by die Ny­a­ti-wa­ter­gat langs die kamp­ter­rein. Hier sien jy ook meer as ge­noeg o­li­fan­te.

Kon­tak 042 233 8600; ad­doen­qui­ries@ san­parks.org; ad­doe­lep­hant.com GPS S33.443921 E25.745697

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.