Vul, bak en smul

SONDROOG TAMATIE ROLLETJIES

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

Jy bak dié heer­li­ke ge­vul­de brood­rol­le­tjies oor die ko­le – ge­bruik ’n wy­e­boom­swart­pot of giet­ys­ter­pan. Jy be­no­dig (ge­noeg vir 4) 1 kg brood­meel 20 g kits­gis 1 fles­sie (250 g) son­droog­ta­ma­tie­pes­to ½ kop­pie o­ly­we, ge­kap 2 kop­pies moz­za­rel­la­kaas

Só maak jy

1 Meng die meel, kits­gis, 1 eet­le­pel sout, 1 eet­le­pel o­lyf­o­lie en 2 kop­pies lou­warm wa­ter en knie dit tot ’n deeg. Proe en voeg nog sout na smaak by, in­dien no­dig. Laat dit een­kant rys.

2 S­meer die boom van die swart­pot met bot­ter of voer dit met bak­pa­pier uit. Knie die deeg af en vorm 8 ewe groot stuk­ke. Druk dit ef­fens plat. Ver­deel die pes­to, o­ly­we en die helf­te van die kaas tus­sen die deeg­stuk­ke. Vou el­ke deeg­stuk toe so­dat dit ’n bol­le­tjie vorm.

3 Pak die bol­le­tjies in ’n en­kel­laag in die pot en laat dit een­kant uit­rys vir 20-30 mi­nu­te.

4 Sprin­kel die res van die kaas oor die bol­le­tjies. Sit die dek­sel op, sit ’n paar ko­le op die dek­sel en bak dit oor ma­ti­ge warm ko­le vir 45-60 mi­nu­te tot gaar. Dop die brood om en laat elk­een vir ho­mof haar­self ’n rol­le­tjie af­breek.

Weg Ry & Sleep sê As jou tyd skraps is, koop som­mer brood­deeg by die su­per­mark se bak­ke­ry of maak vir jou pot­brood­deeg aan. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.