CAMP MASTER INSTANT SHADE 100 Koelte in ’n kits

Weg! Ry & Sleep - - TOERUSTING -

Die Instant Shade-gazebo slaan in ’n jap­trap op en sy po­li­ës­ter­seil het ’n sil­wer laag om jou koelte ef­fens koe­ler te maak. Sy raam­werk is van duur­sa­me staal ge­maak en span die seil tot 3 x 3 m. Jy kan hom dus langs die vis­wa­ter staan­maak en jou sit kry ter­wyl jy wag om daar­die me­neer van ’n blink­lyf op jou hoek te kry.

Hy staan 2,75 m van die grond af en jou swa­er wat op slot sak vir sy tuis­dorp se twee­des, hoef nie te buk om in te kom nie. Hy weeg 17 kg ( Die gazebo,

nie die swa­er nie. – Red.) en jy kry pen­ne en toue om hom mee te an­ker. Prys R1 100 by Ma­kro. Weg Ry & Sleep sê Hy word vir ’n jaar ge­waar­borg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.