NATURAL INSTINCTS EASY-PITCH SCREENHOUSE DELUXE Koes vir die gog­gas

Weg! Ry & Sleep - - TOERUSTING -

Saam met dié gazebo (3x 3 x 2,85 m) kry jy ’n ver­wy­der­ba­re kant­seil van gaas­ma­te­ri­aal wat reg rond­om span. Jy kan dus op daar­die warm dae on­der die dak gaan skuil son­der die ge­sel­skap van vlieë of mus­kie­te. As die in­sek­te nie pla nie, haal jy die gaas af – dit word met klits­rits in plek ge­hou – en ge­bruik hom net soos hy is.

Die raam werk am­per soos ’n kon­ser­ti­na: Jy en jou maat vat op teen­oor­ge­stel­de hoe­ke en trek weers­kan­te toe. Jy druk die nok van die dak boon­toe, trek die ver­leng­po­te uit en span die seil bo-oor.

Dit al­les doen jy in ’n kwes­sie van mi­nu­te. Jy an­ker jou gazebo met toue en pen­ne wat jy saam­kry wan­neer jy hom koop. Prys R3 500 by Out­door Wa­re­hou­se. Weg Ry & Sleep sê Die seil is wa­ter­dig en vuur­be­stand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.