O­pe­ra­sie koe­doe­red­ding

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - PE­TER DE VRIES Ce­res

In No­vem­ber ver­le­de jaar b­reek ek en my vrou, Ina, van die huis af weg vir ’n ro­man­tie­se paar dae in die Ka­meel­do­ring-cha­let by die Mo­ka­la- na­si­o­na­le park.

Dis on­mens­lik warm en dié wê­reld is droog. ’n Mens voel som­mer of jy wil ver­gaan. ’n Vo­ël­tjie vlieg teen die raam van die oop ven­ster vas en be­land kat­swink op die vloer. Dit lyk of die vo­ël­tjie na sy a­sem snak en ek la­we hom met ’n blok­kie ys. Ná ’n ruk­kie is hy reg en hy vlieg weg.

By die be­ton­wa­ter­gat is dit heel­dag be­dry­wig met die­re wat kom suip.

Een dag teen son­on­der gly ’n koe­doe­koei by die wa­ter­gat en kom nie weer op nie. Ons hoor haar in die nag bulk, maar sy maak dit on­ge­luk­kig nie. Die park se per­so­neel kom ver­wy­der die kar­kas en maak die wa­ter­gat skoon.

Die vol­gen­de dag teen ske­mer kom ’n ou koe­doe­ram met tro­fee­ho­rings by die wa­ter­gat aan­ge­stap. Hy gly ook, slaan neer en be­land met sy ag­ter­lyf in die wa­ter­gat – hy kry nie met sy ag­ter­po­te vas­trap­plek om op te staan nie. Ek en Ina kyk vir me­kaar: Ons wil nie nog ’n dier sien vrek nie.

On sit af wa­ter­gat toe – ek met my kamp­stoel­tjie wat ek as ’n hef­boom wil ge­bruik om die dier van ag­ter af te help. Ina staan een­kant en trek sy aan­dag af. Ek stap tot in die water en kry my staan ag­ter hom. Ek kry die stoel­tjie on­der sy ag­ter­ste­we in­ge­druk en gee hom ’n klap op die boud. Hy skrik en wurm ’n ent­jie uit die water uit, maar kom nie o­rent nie. Met nog ’n raps of twee en met die hulp van die stoel­tjie on­der hom kry ek sy ag­ter­lyf oor die rand. Hy lê nou in die mod­der, maar toe ons in die don­ker­nag weg­stap, kom hy reg­op en stap weg.

Laat­aand word ons ro­man­tie­se weg­breek op ’n hoog­te­punt af­ge­sluit: ’n Wit­re­nos­ter kom suip water by die wa­ter­gat.

Vir be­ter kon ons nie vra nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.