S­her­pa is tops, man!

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - OCKIE EN POP­PIE VAN SCHALKWYK Pot­chef­stroom

Ons was die ei­e­naars van ’n S­her­pa Tiny-woon­wa en het hom on­langs in­ge­ruil op die gro­ter mo­del, die Ram­bler.

In A­pril sleep ons met ons Ram­bler deur Na­mi­bië en lê 6 500 km af. Dis ’n won­der­li­ke wa om te sleep en hy kwyt hom goed van sy taak. Al is baie van die paaie nie van die bes­te nie, is die Ram­bler by ons tuis­koms nog heel. ’n Mens won­der hoe van die an­der woon­wa­ens op so ’n reis sal vaar.

Om dood­se­ker te maak al­les is in die haak neem ek die Ram­ber na S­her­pa toe so­dat hul­le al­les kan na­gaan. Ne­vil­le de Meil­lon, die ei­e­naar van S­her­pa, doen dit gra­tis en net klein her­stel­werk is hier en daar no­dig.

Ons sleep die Ram­bler met ons Volks­wa­gen A­ma­rok en die brand­stof­ver­bruik is 9 ℓ/100 km (11,1 km/ℓ). Dis voor­waar ’n won­der­li­ke kom­bi­na­sie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.