Laat die aap uit die mou

’n Mens kom soms ape en bob­be­ja­ne op jou reise teë. Hoe maak ’n mens met Kees en sy ma­ters?

Weg! Ry & Sleep - - DIGITAAL -

Ons Fa­ce­book-vrien­de deel hul­le raad vir daar­die las­ti­ge be­soe­kers in die kamp­ter­rein.

JJ van Rooy­en

Ge­bruik ’n ket­tie. Jy skiet net een keer, en as hul­le hom daar­na weer sien, maak hul­le dat hul­le weg­kom. ’n Groot pro­bleem is kam­peer­ders wat die die­re voer. Dit laat hul­le te­rug­kom om­dat hul­le dink al­mal hou van hul­le.

Be­lin­da Bek­ker Lang

Ons het on­langs gaan kamp en is deur hul­le om­sin­gel. Die be­stuur het hul­le met rub­ber­slan­ge ver­wil­der, maar met ge­meng­de suk­ses. Soos hul­le die voor­stes ver­jaag het, het an­der net weer van ag­ter af ge­kom. Dit was eint­lik nog­al snaaks.

Ja­li­ne Vers­feld

Die pro­bleem lê nie by die men­se wat hul­le voer nie. Die pro­bleem is hul­le weet waar men­se is, is kos. Hul­le is nie meer bang vir men­se nie en raak net slim­mer. En dit voel of ons men­se dom­mer raak. Ons was on­langs by Berg-en-Dal in die Kru­ger en ’n trop bob­be­ja­ne het ’n tent in die kamp ver­woes. Toe ons hul­le wou ver­wil­der, het hul­le ons ge­jaag toe ons te na­by kom. Ek weet ook van ’n vrou wat in Le­ta­ba deur ’n aap ge­byt is.

Cor­nell Mans

Ek ge­bruik som­mer my skoon­ma om hul­le te ver­jaag.

P­hi­lip Hand

’n Rub­ber­slang werk soos ’n bom!

A­ni­ta van G­reu­nen

’n Mens moet vir jou som­mer ’n klomp rub­ber­slan­ge kry. Sit dit by die deur, ven­sters en e­ni­ge an­der plek waar hul­le sig­baar is. Glo my, die ape en die ke­se bly op ’n af­stand.

Peet Bec­ker

Min din­ge werk so goed soos ’n BB gun.

A­dri­aan Cil­liers

Bob­be­ja­ne en ape is vir my am­per net so erg soos my buur­man wat dink al­mal wil na sy mu­siek luis­ter. Ons pak ge­woon­lik net ons kos mooi weg en maak se­ker die tent is toe.

Fran­cois Nel

Ek stem vir die plan met die rub­ber­slang. Sit een of twee na­by jou tent en dis die ein­de van jou pro­ble­me.

Mor­ne Eloff

Die groot ding is om eet­goed soos tjips, lek­kers, vrug­te en brood toe te sluit. Dié me­ne­re mis niks met hul­le goeie reuk­sin­tuig en skerp oë nie. Hul­le ont­sien nie eens ont­byt­graan­kos of ’n melk­tert nie.

Ja­mes P­fis­ter

’n K­nal­ge­weer is baie doel­tref­fend. Jy skiet net ’n paar sko­te in hul­le rig­ting en dan bly hul­le weg. Ek het dit by ATKV Na­ta­lia ge­bruik – en dit het be­son­der goed ge­werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.