Bo blink, on­der stink

Baie tyd­deel­ske­mas en va­kan­sie­klubs het in ’n ge­mors ont­aard. Die kamp­be­dryf moe­nie die die­self­de fou­te maak nie, sê

Weg! Ry & Sleep - - NEELS SE STOEPTENT - Neels van Heer­den.

Op baie ver­koop­ses­sies vir beurt­bly­een­he­de (tyd­deel) of klubs wat va­kan­sie­pun­te smous, word vir jou ’n blink prent­jie ge­skets. Dis meest­al oor­dre­we be­lof­tes oor al die keu­ses van weg­breek­plek­ke vir jou en jou ge­sin. Hul­le ver­swyg eg­ter al­te dik­wels die ver­skuil­de ad­mi­nis­tra­tie­we kos­tes, bui­ten­spo­ri­ge hef­fingsty­gings en fyn­skrif dat jy as ko­per nie mak­lik kan kop uit­trek nie.

En heel dik­wels is daar­die “blink en eks­lu­sie­we aan­bod” waar­van die ver­koops­man jou ver­tel, glad nie so blink nie. Vat nou maar die ver­koop­struuk vir ver­blyf in ’n ge­sog­te see­front­ho­tel in een van ons ge­wil­de Wes-Kaap­se kus­dor­pe. Wat die ver­koops­man jou nié ver­tel nie, is die aan­bod is be­perk tot een nag per jaar in ’n stil week.

’n So­ge­naam­de be­leg­ging in ’n beurt­bly­plek of va­kan­sie­pun­te kan jou duur te staan kom en er­ge hoof­bre­kens be­sorg. Jou oom of tan­nie wat vir jou va­kan­sie­pun­te as ’n trou­ge­skenk of erf­la­ting gee, doen jou ook nie nood­wen­dig ’n guns nie.

DIE OUDITMAATSKAPPY

Grant Thornton raam by­na 750 000 Suid-A­fri­ka­ners het die een of an­der vorm van bly­beurt­pun­te. Groot­skaal­se mis­lei­den­de ver- koops­prak­ty­ke in dié be­dryf bly al ja­re on­ge­straf. Die na­si­o­na­le Ver­brui­kers­kom­mis­sie doen eg­ter nou land­wyd on­der­soek na­dat ’n op­po­si­sie­par­ty meer as 4 000 ge­skre­we ver­brui­kers­klag­tes teen 18 va­kan­sie­klubs in­ge­dien het. ’n Par­ty­woord­voer­der sê die mees­te van die klag­tes han­del oor die nie-be­skik­baar­heid van op­sies en swak ge­hal­te. Hy meen ver­brui­kers se reg­te word ge­skend met kon­trak­te wat hul­le per­ma­nent bind.

Hul­le het ook ag­ter­ge­kom twee van die groot­ste va­kan­sie­klubs ver­koop meer pun­te as wat hul­le be­skik­ba­re va­kan­sie­op­sies het. Dit be­te­ken net ’n klein per­sen­ta­sie van die ver­brui­kers kan in skool­va­kan­sies hul­le op­sie uit­oe­fen. Pun­te is ook feit­lik waar­de­loos in die so­ge­naam­de twee­de­hand­se mark.

Een van die groot­ste klubs het glo ook op ’n kor­rup­te wy­se pun­te-ei­e­naar­skap as tyd­deel­ei­e­naar­skap be­mark. As dit by die wet kom, is daar glo ’n ver­skil tus­sen die ei­e­naar­skap van va­kan­sie­pun­te en tyd­deel.

Dié par­ty het van die pro­ble­me be­wus ge­word toe hy meer as 60 000 le­de in die Trans­net-pen­si­oen­ge­mors by­ge­staan het. Baie van hier­die pen­si­oen­trek­kers het ver­geefs pro­beer ont­slae raak van hul­le klub­lid­maat­skap. Som­mi­ges kon dit skaars be­kos­tig, wat nog te sê die klub­hef­fings.

Par­ty klubs het glo ook be­gin dreig met ba­te­be­slag­leg­gings teen men­se wat nie meer hul­le tyd­deel kan be­kos­tig nie. Hon­der­de ver­brui­kers het glo aan­ge­bied dat hul­le pun­te son­der ver­goe­ding te­rug­ge­vat kan word, maar in die kon­trak­fyn­skrif word hul­le nie kwyt­ge­skeld van die jaar­lik­se hef­fing nie. Ver­al pen­si­oen­trek­kers wat ge­droom het van ver­blyf by ge­sog­te be­stem­mings is erg in­ge­loop.

On­der die slag­of­fers tel ook men­se wat bit­ter­lik spyt is hul­le het hul­le woon­wa­ens ver­koop om pun­te te koop.

Die Na­si­o­na­le Ver­brui­ker­s­tri­bu­naal het on­langs die Ver­brui­kers­be­sker­mings­wet in­ge­span om die be­dry­wig­he­de van die een van die groot­ste va­kan­sie­klubs tot ’n kor­rup­te ske­ma te ver­klaar. Dit is op die Hoog­ge­regs­hof se rol.

’N KLOMP PRO­BEER­SLAE

om va­kan­sie­pun­te vir cha­let- of woon­stel­ver­blyf om te ska­kel na ske­mas vir kamp­ver­blyf by ge­sog­te kamp­plek­ke het vin­ni­ger plat­ge­val as ’n pi­ra­mi­de­ske­ma. Weer eens was daar kor­rup­te ver­koops­prak­ty­ke.

Oor­de het ook nie die vol­le fi­nan­si­ë­le voor­deel van die pun­te be­kom nie. En weer was daar be­lof­tes wat nie na­ge­kom is nie. Ons ge­reel­de kam­peer­ders weet mos in De­sem­ber en oor Paas­na­week is die vraag na staan­plek­ke groot, en in die Kru­ger kry jy nie mak­lik plek tus­sen 16 Ju­nie en 16 Ju­lie nie.

Nou is daar ’n nu­we ske­ma wat ’n stuk of hon­derd on­af­hank­li­ke oor­de vir kamp­va­kan­sies wil re­gis­treer, en han­de­laars le­de wil maak vir afslag op kam­peer­goed en -diens­te.

Vir suk­ses­vol­le kamp­beurt­bly of kamp­pun­te sal ons an­ders te werk moet gaan en nie die­self­de fou­te maak as die vas­te­ver­blyf­be­dryf nie. Ons wil nie met die­self­de kop­se­re sit nie. Kom ons hou din­ge maar mooi dop.

Vir suk­ses­vol­le kamp­beurt­bly of kamp­pun­te sal ons an­ders te werk moet gaan en nie die­self­de fou­te maak as die vas­te­ver­blyf­be­dryf nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.