CHOBE KRY ’N EN­JIN

Weg! Ry & Sleep - - NUUS / DIE NUUTSTE UIT DIE MOTOR- EN WOONWAWÊRELD -

E­cho4x4 is be­kend vir sy bos­wa­ens en bos­woon­wa­ens én maak ’n groot ver­skei­den­heid seil­ten­te. Na­dat die maat­skap­py on­langs sy be­sig­heid uit­ge­brei en sy eer­ste ry­huis ge­bou het, het hy nou ’n u­nie­ke aan­slag: Klan­te kan hul­le eie en­kel­ka­juit­bak­kie bring en E­cho pas sy Chobe-bos­woon­wa op die on­der­stel van jou bak­kie.

Die Chobe is E­cho se nuut­ste bos­woon­wa wat laat ver­le­de jaar be­kend ge­stel is. En hy’s al klaar ge­wild, want hy’s klein en net reg vir ’n paar­tjie. Jy kan ook p­leks van net een dub­bel­bed wat oor die dis­sel­boom uit­vou, nóg ’n dub­bel­bed kry wat uit die reg­ter­pa­neel slaan. Só word die wa nom­mer­pas vir ’n klein ge­sin.

Uit ’n ver­vaar­di­gers­oog­punt is dit ’n slim ont­werp, ver­al om­dat klan­te meer keu­ses kry. Die Chobe se romp pas soos ’n hand­skoen op ’n bak­kie – selfs die bak­kie se leng­te word nie be­ïn­vloed nie.

Dié ry­huis staan as die Chobe RV be­kend en is we­lis­waar net vir ’n paar­tjie be­doel, want hy het net een dub­bel­bed: die een wat uit die reg­ter­pa­neel slaan (die bak­kie ka­juit neem die plek op van die an­der bed).

Die Chobe RV kom on­der meer stan­daard met ’n 70 ℓ-wa­ter­tenk (wat ’n pomp in­sluit), ’n kom­buis met eet­wa­re, be­kers en selfs whis­ky­gla­se (6 van al­les), ’n brand­blus­ser, krag­stel­sel (wat ’n E­cho80 Ah-dub­bel­bat­ter­y­stel­sel in­sluit) en selfs ’n E­cho-braai­roos­ter wat oor die nood­wiel pas.

Wat is op­si­o­neel? On­der meer ’n 150 W-son­pa­neel R7 780, 20 ℓ-mi­kro­golf­oond (700 W) R1 195, 3 kg-gas­bot­tel R550, kant­sei­le vir die af­dak R6 850, en gei­ser R2 895.

Die sy­fers 2,415 (l) x 1,84 m(b) – die romp van die Chobe. Prys R191 480 (ar­beid in­ge­sluit).

Kon­tak 012 345 3333; e­cho­acc@e­cho4x4.co.za; e­cho4x4.co.za

SLIM.

E­cho4x4 het dit met sy Chobe RV reg­ge­kry om die woon­wa­wê­reld en die ry­huis­be­dryf by­me­kaar uit te bring: E­cho se Chobe-bos­woon­wa word op ’n en­kel­ka­juit­bak­kie se on­der­stel ge­mon­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.