’n Kol­skoot in die don­ker

As­of die vlag­skip-Ran­ger nie al klaar f­ris ge­noeg ge­lyk het nie, het Ford nou ’n spe­si­a­le mo­del uit­ge­bring waar­van die ge­bruik­li­ke blink chroom op al die reg­te plek­ke pik­swart ge­verf is.

Weg! Ry & Sleep - - NUWE RYGOED - Teks Charles T­homp­son

El­ke paar jaar blaas bak­kie­ver­vaar­di­gers nu­we a­sem in ’n be­staan­de mo­del deur ’n ef­fens an­der­se weer­ga­we daar­van uit te bring. Toyo­ta het by­voor­beeld die Hi­lux Da­kar en Le­gend 45 ge­had, Isuzu die KB X-Ri­der, en Volks­wa­gen die A­ma­rok Ul­ti­ma­te. Dié soort be­perk­te uit­ga­wes be­hels dik­wels nie veel meer as ’n blink buf­fer en ’n paar plak­kers op die romp nie, ’n op­kik­ke­ring waar­voor jy tien­dui­sen­de rand meer op­dok.

Ford het pas sy ge­wil­de Ran­ger-reeks uit­ge­brei met ’n spe­si­a­le uit­ga­we – die Fx4. En dis ’n baie spe­si­a­le uit­ga­we.

Op die oog af

Dié A­me­ri­kaan­se ver­vaar­di­ger praat nie ver­niet van ’n “black pack” om die ver­an­de­rin­ge aan die Fx4 te be­skryf nie. Die bak­kie kry 17"-Pant­her-sier­wie­le en ’n pik­swart Fx4-rol­staaf en dak­re­lings. Van voor af lyk die Fx4 met sy pik­swart sier­roos­ter en buf­fer som­mer skuins be­foe­terd, en van ag­ter af word die prent­jie net­jies af­ge­rond met ’n ag­ter­buf­fer van swart staal. Selfs die mis­ligom­hul­sels, deur­hand­vat­sels en sy­spie­ëls kry ’n dow­we swart be­dek­king, en ons hou ver­al van die groot swart plak­ker wat die groot­ste deel van die en­jin­kap be­dek: Lek­ker win­tie.

Die Fx4 kan in wit, sil­wer, grys of swart be­stel word. In sy swart ge­daan­te – soos ons toets­mo­del – lyk dié f­ris Ford be­hoor­lik soos ’n groot kat wat iets wil be­spring.

On­der die en­jin­kap

On­der die en­jin­kap brul die­self­de be­trou­ba­re 3,2 ℓ-tur­bo­die­sel­en­jin (147 kW @ 3 000 r.p.m. en 470 Nm wring­krag tus­sen 1 500 r.p.m. en 2 750 r.p.m.) as in sy me­de-Ran­gers, en jy kan kies tus­sen ’n ses­spoed-ou­to­ma­tie­se of ses­spoed­hand­rat­kas. Ford se ou­to­ma­tie­se rat­kas vir die Ran­ger is we­lis­waar nie meer die mees ge­so­fis­ti­keer­de een in ’n plaas­li­ke bak­kie nie, maar dis nie­te­min ’n staat­ma­ker wat sy werk doen.

Die rat­kas “leer ken” ook jou be­stuur­styl met die tyd, en ná ’n paar dae wis­sel hy by­na el­ke keer rat­te net as jy dink dis tyd.

Ver­der kry jy die­self­de taai leer­raam­on­der­stel, ’n grond­vry­hoog­te van 237 mm, waad­diep­te >

van 800 mm en ’n sleep­ver­moë van 3 500 kg. Die 17"-wie­le is vol­doen­de vir grond­pad- én veld­ry. En aan­ge­sien die Fx4 op die­self­de on­der­stel as die ge­wil­de XLT ge­bou is, kry jy die­self­de taai 4x4en werk­ver­moë.

Bin­ne­langs

Die Fx4 se bin­ne­ruim is die be­ken­de en luuk­se ka­juit van die vlag­skip-XLT-mo­del. Min din­ge in Ford se se­we­sit­plek-nuts­voer­tuig, die Everest, gaan jy nié in hier­die bak­kie aan­tref nie.

Daar is Ford se Sync3-ver­maak­en-in­lig­ting­stel­sel, ’n net­jie­se en in­tu­ï­tie­we re­ke­naar­stel­sel wat al­les van die lug­re­ë­ling tot sa­tel­liet­na­vi­ga­sie en Blu­e­tooth op ’n 8"-raak­skerm in­te­greer en be­heer. Die stel­sel werk seep­glad, met geen traag­heid wan­neer jy tus­sen pro­gram­me blaai of be­ve­le in­pons nie. Die stel­sel het ook nie een keer ge­haak of ge­vries ter­wyl ons ge­ry het nie – dik­wels ’n kwaal met dié soort voer­tuig­re­ke­naars wat te veel pro­beer doen met te min re­ke­naar­krag.

Ver­der is ons be­ïn­druk met die aan­tal krag­pun­te in die ka­juit. Daar is twee USB- en drie 12 V-sok­ke (twee voor en een vir die ag­ter­ste pas­sa­siers). Meer bak­kie­ver­vaar­di­gers kan maar dié re­sep be­gin volg. Een USB-sok in die voer­tuig vir ’n gan­se ge­sin is dees­dae bloot net nie meer ge­noeg nie.

Nes die Everest het die Ran­ger Fx4 nou ook twee di­gi­ta­le skerms in die kon­so­le voor die be­stuur­der. Net die spoed­me­ter is nog a­na­loog; al die an­der in­lig­ting word op die twee kleur­skerms links en regs daar­van ver­toon.

Om­dat jy di­gi­ta­le skerms het, kan jy heel­wat meer be­heer uit­oe­fen oor wat jy sien. Jy kan by­voor­beeld kies of jy die toe­re­tel­ler en brand­stof­me­ter wil sien, of die brand­stof­me­ter en jou brand­stof­ver­bruik, óf ’n ek­stra di­gi­ta­le spoed­me­ter wat jou s­poed in sy­fers weer­gee. Op die lin­ker­kans­te skerm kan jy weer kies tus­sen op­sies soos ’n kom­pas, die naam van die al­bum en snit of ra­di­o­sta­sie waar­na jy luis­ter, of aan­wy­sings as jy die na­vi­ga­sie­stel­sel ge­bruik.

Só ry hy

Die Fx4 bly een van die ge­rief­lik­ste bak­kies op die pad, ver­al met ’n ou­to­ma­tie­se rat­kas soos in die toets­mo­del. Die EPASe­lek­tro­nie­se stuur­stel­sel maak die draai­werk mak­lik en die bak­rol­be­heer­stel­sel help om die rit aan­sien­lik ge­mak­li­ker te maak. Die bak­kie is ook met sleep­swaai- be­heer toe­ge­rus, wat help keer so­dra jou sleep­ding bui­te be­heer be­gin wieg, as­ook ’n stel­sel wat die im­pak van ’n swaar vrag op jou rit­ge­hal­te en die bak­kie se stuur­be­heer ver­min­der.

Se­we lug­sak­ke, waar­on­der een wat die be­stuur­der se knieë be­skerm, help om die Ran­ger ’n 5-ster NCAP-vei­lig­heids­gra­de­ring te be­sorg. Dis die hoog­ste punt wat toe­ge­ken word, en die Ran­ger was die eer­ste bak­kie wat dit kon reg­kry.

WINDGAT! Die Ran­ger Fx4 kry 17"-Pant­her-sier­wie­le en ’n pik­swart Fx4-rol­staaf en dak­re­lings. Van voor spog hy met ’n pik­swart sier­roos­ter en van ag­ter af word die prent­jie net­jies af­ge­rond met ’n ag­ter­buf­fer van swart staal. Aan die bin­ne­kant het die Fx4 nou twee di­gi­ta­le skerms in die kon­so­le voor die be­stuur­der. Net die spoed­me­ter is nog a­na­loog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.