Ewe veel blaf as byt

Die blink­nu­we Au­di Q5 is uit­ein­de­lik hier. Cy­ril Klop­per vat hom op ’n Kaap­se plaas­pad en kry hom ’n bie­tjie vol mod­der.

Weg! Ry & Sleep - - NUWE RYGOED -

Die eer­ste Q5 is in 2008 be­kend ge­stel, en dié sport­nuts­voer­tuig het se­dert­dien ’n groot guns­te­ling ge­word. Teen Au­gus­tus ver­le­de jaar is meer as ’n mil­joen Q5’s in meer as 100 lan­de ver­koop. Ver­al Eu­ro­pe­ërs is gaan­de oor die kar, en jy sal een op am­per el­ke straat tus­sen Man­ches­ter en Mi­laan raak­loop.

Net soos die A4 is die Q5 vir Au­di ’n be­lang­ri­ke mo­del, en hul­le moes se­ker maak hul­le wyk nie té ver af van die wen­re­sep nie. Die Duit­se ver­vaar­di­ger hoop om 100 Q5’s per maand in Suid-A­fri­ka te ver­koop, en dis glad nie so ’n on­be­gon­ne taak nie as ’n mens in ag neem dat daar in Ju­lie van­jaar – ’n maand voor die be­kend­stel­ling van die nu­we mo­del – 90 van hul­le ver­koop is. Maar wat is an­ders?

Bui­te­langs

In teen­stel­ling met die nu­we Q7 wat hard pro­beer het om an­ders te lyk as sy voor-

gan­ger, is daar sterk trek­ke tus­sen die ou en nu­we Q5. Dis am­per as­of hy boot camp toe ge­stuur is en te­rug­ge­keer het met Po­peye se arms en kui­te. Die ly­ne is sker­per en die ef­fens skuin­ser neus ein­dig in ’n ga­pen­de sier­roos­ter. Deur die bak­werk meer vaart­be­lyn te maak kon Au­di se in­ge­ni­eurs die Q5 se sleur­sy­fer en wind­ge­raas ook ver­min­der. Selfs die ba­ga­sie­bak is gro­ter: van 550 ℓ op na 610 ℓ. Die 17"-wie­le lyk mooi, maar dit be­perk na­tuur­lik jou band­keu­ses. Dit be­hoort eg­ter nie ’n pro­bleem te wees vir die deur­snee-Q5ei­e­naar nie, aan­ge­sien jy nooit ’n Au­di met vet Mic­key T­hompsons-tek­kies sien nie.

Bin­ne­langs

E­ben Et­ze­beth gaan suk­kel om ag­ter die Q5 se s­tuur in te skuif. Au­di sê hul­le het die bin­ne­ruim voor­langs ver­groot deur die in­stru­men­te­pa­neel te laat “sweef”, ook dat die uit­leg daar­van ver­een­vou­dig is. Ons dink hul­le kon har­der pro­beer het, want die mid­del­kon­so­le vryf aan­hou­dend teen jou lin­ker­been en die oor­aan­bod knop­pies en ska­ke­laars is ’n bie­tjie erg. Jy gaan nie eng­te­vrees kry nie, maar jy’s deu­ren­tyd be­wus van die mo­tor óm jou. ’n BMW X3 en selfs die Mer­ce­des GLC voel rui­mer.

Stan­daard­toe­rus­ting sluit in band­druk­sen­sors, ver­stel­knop­pies op die stuur­wiel en ’n puik klank­stel­sel. As jy 21ste eeu­se ka­toe­ters soek soos ’n blik­brein wat self be­stuur, lug­ve­ring en e­lek­tries­ver­stel­ba­re sit­plek­ke, gaan jy moet op­dok vir een van Au­di se ek­stra-paket­te – en dis nie goed­koop nie!

On­der die en­jin­kap

Daar is drie en­jins om van te kies: ’n 2.0 TDI (die­sel), 2.0 TFSI (pe­trol) en die SQ5, ’n 3 ℓ­pe­trol­bie­lie (’n TDI-weer­ga­we is op pad). Die 2.0 TFSI se 185 kW is 20 kW meer as die ou mo­del en hy gaan moont­lik die top­ver­ko­per wees. Ons hou eg­ter van die TDI, want sy 400 Nm wring­krag trek sterk. Teen net min­der as R700 000 is dit ook die goed­koop­ste Q5 in die reeks.

En die SQ5? Kap die rat­kie­rie na links en tik die Tip­tro­nic-rat­wis­sel­pe­da­le op die stuur­wiel. Daar is agt rat­te om deur te ryg, en elk­een van hul­le word be­punt met ’n har­de blaf uit die uit­laat­pyp. Lek­ker!

Ag­ter die s­tuur

Ons het die Q5 – al drie weer­ga­wes – op mod­de­ri­ge grond­paaie in die Wes-Kaap se O­ver­berg-dis­trik ge­toets. Baie an­der sport­nuts­voer­tuie sou gly-gly deur die draaie ge­skuif het, maar dis hier waar Au­di se qu­at­tro-stel­sel pronk – dis ’n deel­tyd­se vier­trek­stel­sel wat bin­ne 2 mil­li­se­kon­des in­skop. Die re­ke­naar mo­ni­tor vas­trap en kan selfs voor­spel wan­neer die wie­le wil be­gin tol. Die voor­deel van deel­tyd­se bo per­ma­nen­te vier­trek is na­tuur­lik dat jy brand­stof be­spaar.

Die vyf­ska­kel­ve­ring sorg vir ’n ge­mak­li­ke rit, selfs toe ons mod­der uit slag­ga­te laat spat het. Dank­sy lug­ve­ring wat ou­to­ma­ties die dem­pers aan­pas en die grond­vry­hoog­te ver­meer­der, was ver­al die SQ5 aan­ge­naam, on­danks sy gro­ter 18"-wiel­vel­lings.

Ons e­nig­ste klag­te is die siel­lo­se stuur­ak­sie; die Q5 voel ef­fens af­ge­stomp teen­oor die pad. Dis die ab­so­lu­te teen­oor­ge­stel­de van ’n Ja­guar F-Pa­ce wat jou in de­tail ver­tel hoe die pad­op­per­vlak lyk. Baie be­stuur­ders hou hier­van, maar ons wil eer­der pre­sies weet wat hier on­der ons aan­gaan.

Slot­som

Au­di se qu­at­tro-stel­sel het ons weer­eens be­ïn­druk. Die af­wer­king van die bin­ne­ruim is puik en die Q5 is bui­te­langs styl­vol dog be­skeie. Hy dra wel ’n ste­wi­ge pry­s­e­ti­ket, maar ons kan Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie daar­voor be­dank en nié Au­di nie. Uit die vyf weer­ga­wes kies ons die ge­wo­ne TDI-weer­ga­we. Na­tuur­lik is die SQ5 die lek­ker­ste, maar as jy wil jaag, moet jy eer­der vir jou iets soos ’n Porsche Ma­can aan­skaf.

Pry­se

Q5 2.0 TDI qu­at­tro S-tro­nic R698 000 Q5 2.0 TDI qu­at­tro S-tro­nic Sport R748 000 Q5 2.0 TFSI qu­at­tro S-tro­nic R747 500 Q5 2.0 TFSI qu­at­tro S-tro­nic Sport R797 500 SQ5 3.0 TFSI qu­at­tro Tip­tro­nic R1 044 000

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.