‘Klein’ Everest staan sy man

MMett di­die k­koms van di­die nu­we FFordd EE­ve­re­stt ’n j­jaar off tt­wee ge­le­deld was daar net twee mo­del­le om van te kies. Die be­derf is eg­ter nou hier, want die reeks is met ’n ver­de­re ses mo­del­le uit­ge­brei.

Weg! Ry & Sleep - - SLEEPTOETS - Teks en fo­to’s Le­on Bo­tha

Die eer­ste twee mo­del­le van die nu­we Everest het al­bei die 3,2 ℓ-die­sel­en­jin ge­kry, en met ’n woon­wa op die haak was dit pu­re sleep­ple­sier. Nou, ’n jaar of wat la­ter, het Ford die reeks met agt mo­del­le uit­ge­brei, maar steeds by die­sel­en­jins ge­hou.

Nóg ’n 3,2 ℓ-mo­del is by­ge­voeg plus vyf 2,2 ℓ-mo­del­le. Maar al het van die nu­we mo­del­le die klei­ner en­jin, het Ford nie sy sleep­ver­moë prys­gee nie.

’n Mens kan steeds ’n wa van tot 3 t haak, met ’n neus­ge­wig van nie meer as 300 kg nie.

Uit die oog

Die haak, ’n so­lie­de stuk vier­kan­ti­ge staal wat in ’n vier­kan­ti­ge buis in die per­ma­nen­te ge­deel­te van die stang pas, is ver­wy­der­baar. ’n D­wars­pen, wat in ’n ron­de gat deur die stang en buis pas, hou die haak in plek, maar daar is tog ’n ef­fen­se spe­ling as jy hom wik­kel. Dis eg­ter ge­ring en pla ’n mens nie. Wan­neer jy sleep hoor jy eer­der die be­we­ging van die wa se kop­pel­stuk soos jy rem en weg­trek.

Die bol staan 52 cm bo die grond. As jy die stang in plek los wan­neer jy af­haak, kan jy die bout aan die on­der­kant van die buis vas­draai so­dat dit nie raas as daar nie ’n vrag op die bol is nie.

’n Mens moet wel die bout los­draai so­dra jy haak. Wan­neer jy die stang nie ge­bruik nie en uit die pad wil hê, is daar bê­re­plek on­der die vloer van die ba­ga­sie­bak.

Te­rug­blik

Op dié klas van voer­tuig ver­wag ’n mens ’n tru­k­a­me­ra as stan­daard­toe­rus­ting. Dit is wel die ge­val in die Everest (bo die mid­del­ste pa­neel), maar die skerm is nog­al klein, om­trent so groot soos twee reg­op vuur­hout­jie bok­sies langs me­kaar. Dis klein, ja, maar nie­te­min baie nut­tig.

Die ka­me­ra se lens sit in

die bak­werk, mooi lood­reg bo die bol, en jy kyk met die skerm di­rek af op die kop­pel­stuk wan­neer jy haak. Die lens se hoek is ek­stra­wyd en wys al die moont­li­ke hin­der­nis­se waar­teen jy kan te­rug­stoot. Bui­ten die tru­sen­sors wat jou waar­sku teen moont­li­ke ge­va­re, kan jy uit die be­stuur­der­sit­plek mooi op die skerm sien wat ag­ter jou aan­gaan. Jy kan hout­ge­rus op jou eie tot teen die kop­pel­stuk van die wa te­rug­stoot. Jy kan ook die tru­sen­sor-a­larm se mond met die druk van ’n knop­pie stil­maak.

Die trus­kerm het in­deks­ly­ne net soos die ly­ne op ’n pad. Die ly­ne wys in wat­ter rig­ting jy te­rug­stoot. Hoe meer ’n mens die s­tuur draai, hoe meer maak die ly­ne ’n krom­ming in die rig­ting waar­heen jy te­rug­stoot. Tus­sen die twee bui­ten­ste in­deks­ly­ne is ’n ver­de­re lyn, am­per soos ’n stip­pel­lyn op ’n pad – jy kan dus die mid­del­punt van die “baan” sien en op die bol van die haak kor­rel.

So­dra ’n mens die woon­wa se lig­te­prop in die har­nas­ge­deel­te van die Everest druk, ver­dwyn die in­deks­ly­ne. Die Everest se blik­brein weet dan jy het iets op die haak en ska­kel die tru­sen­sors se a­larm ook af.

Iets wat ’n mens ook nie al­dag >

sien nie, is ’n funk­sie waar­mee jy op die t­ru­beeld na­der kan fo­kus en die beeld van die bol­ge­deel­te op die skerm ver­groot. Die lens sit 30 cm bo die buf­fer en die beeld is 40 cm na al­bei kan­te toe. As jy die beeld ver­groot, sien jy 22 cm weers­kan­te van die mid­del­punt van die lens op die buf­fer.

Swaar lig­ge­wig

Die bak­werk van die 2,2 ℓ-Everest is re­la­tief swaar vir dié en­jin (die 4x4-on­der­stel dra by tot die ge­wig). Die top­mo­del, ’n 3,2 ℓ en ook ’n 4x4, se tar­ra­ge­wig is 2 368 kg en sy 470 Nm is ge­mak­lik met die ge­wig. Maar die 2,2 ℓ het 20% min­der wring­krag (382 Nm) en weeg leeg net 100 kg lig­ter.

’n Mens voel die swaar bak­werk ver­al wan­neer jy die wa ge­haak het en pro­beer weg­kom. As jy nie die kar ge­woond is nie, vrek die en­jin mak­lik en jy leer na­der­hand om meer op die kop­pe­laar staat te maak so­dat jy nie die en­jin laat dood­ruk nie. Die en­jin is ook traag on­der 2 000 r.p.m. Wan­neer jy in eer­ste weg­kom en die toe­re tot 4 000 r.p.m. jaag (wat die en­jin by­kans on­ge­mak­lik laat klink), val die toe­re ’n goeie 1 500 r.p.m. wan­neer jy oor­ska­kel na t­wee­de. Die en­jin sleep dus be­ter in die ho­ër toe­re.

Ver­ge­le­ke met ons vroe­ë­re sleeptoets van die 3,2 ℓ-mo­del was die gro­ter en­jin rond­om 10% swaar­der op brand­stof met ’n soort­ge­ly­ke woon­wa – dit is 15,1 ℓ/100 km teen­oor 13 ℓ/100 km.

As ’n mens net na die prys van die brand­stof kyk (R12,71/ℓ met ons toets) kos ’n rit jou met die wa R1,92/km vir die gro­ter mo­del teen­oor R1,65/km vir die klei­ner een. As jy dus ’n woon­wa 5 000 km ver sleep, spaar jy R1 350 op die brand­stof – en dan is die kar ook nog R100 000 goed­ko­per as die 3,2 ℓ-mo­del.

FORD EVEREST XLS 2.2 4x4 (HANDRAT)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.