Pie­ter sê

Weg! Ry & Sleep - - SLEEPTOETS -

Al het die toets­voer­tuig 10 000 km op die klok, is die rat­kas stram. Dit pla my nie, al ver­kies ek ’n ou­to­ma­tie­se rat­kas. El­ke rat het sy gleuf; dis nie as­of jy die Everest soos ’n ren­mo­tor kan ry en die kort­ste pad met die rat­hef­boom tus­sen die rat­te kan kies nie.

Die en­jin is om­trent ’n der­de klei­ner as sy 3,2 ℓ-boe­tie, maar die kar het steeds ge­noeg krag. Dis nie no­dig om daar­die R100 000 vir die gro­ter en­jin uit te haal nie.

Ná net ’n paar ki­lo­me­ter kon ek soos die En­gels­man sê: “I a mal re a dy sold!’” Die ma­te­ri­aal­si tplek­ke sit ge­rief­lik, maar dit val my op dat die lig­te nie ’n ou­to­ma­tie­se ver­stel­ling het wat dit self aan- en af­ska­kel soos die ligom stan­dig he­de ver­an­der nie. Ook: Wan­neer jy by­voor­beeld die deur oop­maak, is daar nie ’n waarsk u­wingl ig­gie wat aan­gaan in die in­stru­men­te­pa­neel nie.

Die Everest skryf we­lis­waar vir jou ’n bood­skap, en ek hou daar­van. Wan­neer die en­jin by­voor­beeld aan­ge­ska­kel is en jy maak die be­stuur­der se deur oop, wys ’n bood­skap in die pa­neel: “Vehi­cle is on.” As een van die

ag­ter­ste pas­sa­siers die lin­ker­deur oop­maak, laat weet die re­ke­naar “Re­ar left door o­pen.”

El­ke kar het sy s­poed waar­teen ’n mens ge­rief­lik sleep. Met die Everest voel ek heel­te­mal tuis tus­sen 100-120 km/h.

Maar ek moet dan by­sê Jur­gens se X­plo­rer sleep goed. In vyf­de en teen 100 km/h draai die en­jin teen 2 300 r.p.m. en sleep ge­mak­lik, maar dis te sta­dig as jy ses­de wil ge­bruik.

Die toe­re val met 500 r.p.m. en die en­jin re­a­geer nie as jy dan wil ver­snel nie. Teen 120 km/h en in ses­de is die toe­re ge­mak­li­ker, maar jy moet steeds reg­staan vir oor­ska­kel wan­neer die bul­te kom. Die sleep­rat is dus vyf­de.

Die rit is ver­ba­send goed op ’n sleg­te grond­pad, al ver­wag jy ’n meer stam­pe­ri­ge rit. Jy hoor ook geen ratt­les bin­ne die kar nie.

As dit by groot 4x4-nuts­voer­tuie kom, is dié Everest my keu­se – hy is een­vou­dig puik waar­de vir geld. Al is dit nie die bes­te sleep­voer­tuig waar­mee ek al in hier­die klas ge­sleep het nie, is dit steeds die een wat ek sal koop.

Dit sal my sleep­voer­tuig van die jaar wees uit al die voer­tuie waar­mee ek tot dus­ver ge­sleep het, en die bil­li­ke prys dra groot­liks daar­toe by. >

Ná net ’n paar ki­lo­me­ter kon ek soos die En­gels­man sê: ‘I am al­re­a­dy sold!’

Pie­ter Crous het al met meer as 60 ver­skil­len­de sleep­voer­tuie ge­sleep. Dis wat hy dink...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.