5 DIN­GE WAT JY MÓÉT SIEN IN A­FRI­KA!

Weg het on­langs ’n e­pie­se A­fri­ka-reis in ’n Toyo­ta Fortuner on­der­neem waar­op ons bin­ne 90 dae oor 6 lands­gren­se en by­na 17 000 km ge­ry het. Hier is ons lys van 5 i­ko­nie­se plek­ke wat jy móét be­soek.

Weg! Ry & Sleep - - SLEEPTOETS -

Ry Dar es Sa­laam toe.

Tan­za­nië se groot­ste stad is bin­ne mak­li­ke be­reik van Suid-A­fri­ka – dis heel­pad teer­pad! ’n Reis soon­toe en te­rug is een van A­fri­ka se bes­te self­ry­toe­re. Doen aan by re­ser­va­te soos Ru­aha en Mi­ku­mi padlangs, en reis dan met die veer­boot na Zan­zi­bar vir ’n paar dae!

Ver­gaap jou aan Ki­li­man­dja­ro.

Nee, jy hoef hom nie te klim nie – maar sién die berg! A­fri­ka se hoog­ste is in die noor­de van Tan­za­nië, en padlangs kan jy fan­tas­tie­se na­si­o­na­le par­ke soos M­ko­ma­zi, Arusha en Ta­ran­gi­re be­soek.

Raak wild in N­gor­on­goro en

Se­ren­ge­ti. Twee van A­fri­ka se groot­ste wil­der­nis­se, en rég langs me­kaar! Leeus, lui­perds en jag­lui­perds dat dit by jou ore uit­kom. Wil­de­bees­te in hul­le dui­sen­de. Daar­die klas­sie­ke sons­on­der­gang oor die sa­van­ne­veld. Dis als hier.

Ry R­wan­da plat.

Hier­die piep­klein land­jie kan jy som­mer op een tenk brand­stof ver­ken – gaan kyk berg­go­ril­las, goue ape en skaars vo­ël­spe­sies, en span uit langs die mooie Ki­vu­meer en in die Nyung­we­woud.

Vrug­te­vler­mui­se op ste­ro­ïe­de!

Zam­bië se Ka­san­ka- na­si­o­na­le park is tus­sen Ok­to­ber en De­sem­ber el­ke jaar die tuis­te van tot 15 mil­joen vrug­te­vler­mui­se!

4 5

3 2

1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.