Praat per­de­krag

Weg! Ry & Sleep - - RYHUISTOETS -

Ons het met die Dis­co­ver 6 op die I­veco 35S15-on­der­stel ge­ry en ge­kamp. Met sy 2,3 ℓ-tur­bo­die sel­en­jin (107 kW en 350 Nm) en ses­spoe dhand­rat­kas draf die ry­huis on­danks sy groot­te lek­ker teen 110 km/h en selfs 120 km/h op die oop­pad, en hy skrik ook nie vir op­draan­des en ver­by­steek nie. Ons ge­mid­del­de die­sel­ver­bruik was 12 ℓ/100 km.

Die twee ka­juit­sit­plek­ke het ’n veer­stel­sel wat ’n mens met ’n draaiknop vol­gens jou ge­wig ver­stel so­dat die stamp uit die rit ge­haal word.

’n Mens sit lek­ker hoog met ’n goeie uit­sig oor die ver­keer en pad voor jou. Saam met die sy­spie­ëls kan jy ook die pad ag­ter jou lek­ker in die tru­spie­ël deur die ry­huis se groot ag­ter­ven­ster dop­hou.

Ont­hou, die ry­huis is hoog: Pa­s­op vir daar­die tak­ke en lae dak­ke in die kamp­plek wat jy nie in die spie­ëls sien nie.

Jy het ook die ge­rief van krag­stuur, sluit­weer­rem­me, lug­re­ë­ling, ’n ra­dio-CD-MP3­spe­ler en e­lek­trie­se rui­te.

Jy kry die Discoverer 6 ook in twee ver­skil­len­de agt­spoed- ou­to­ma­tie­se mo­del­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.