Waar Na­mi­bië sy ju­we­le weg­steek

In die sui­de van Na­mi­bië kan jy mak­lik in een va­kan­sie die Oran­je­ri­vier, skou­spel­ag­ti­ge berg­land­skap­pe, ’n trop wil­de per­de, die see én die Na­mibwoes­tyn be­leef.

Weg! Ry & Sleep - - BESTEMMING / SUID-NAMIBIË - Teks en fo­to’s E­van Nau­dé

Na­mi­bië be­soek ’n mens nooit net een keer nie. Dis deels om­dat die on­ge­rep­te skoon­heid van die land jou be­to­wer, maar ook om­dat dit ’n gróót land is.

Die af­stan­de tus­sen be­siens­waar­dig­he­de is groot – as jy gaan pro­beer om die he­le land in ’n week of twee te sien, gaan jy meer tyd in jou voer­tuig as e­nig­iets an­ders deur­bring.

Kies eer­der ’n ge­bied, vat rus­tig jou tyd en ver­ken die ag­ter­paaie – dís waar hier­die be­son­der­se land van sy mooi­ste ju­we­le weg­steek.

Die sui­de is vol sul­ke plek­ke. Hier is meer as ge­noeg om ’n mag­dom va­kan­sies vol te maak. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.