Dui­ne-4x4-kamp­ter­rein, V­lees­baai, Wes-Kaap

Weg! Ry & Sleep - - SES VAN DIE BESTES / STILLER SEEKAMPPLEKKE -

5

Die Dui­ne-4x4-kamp­ter­rein kry sy naam oor dit aan die be­gin van die be­rug­te ge­lyk­na­mi­ge 4x4roe­te lê, en hoe­wel die 100 m grond­pad tot by die kamp­ter­rein taam­lik steil is, is dit be­slis nie net kam­peer­ders met bos­wa­ens wat hier kan uit­kom nie.

Die kamp­plek lê min­der as 1 km van V­lees­baai af en word om­ring deur se­ker­heids­hek­ke. Die streng vei­lig­heids­maat­re­ëls rond­om die dor­pie lyk dalk ef­fens oor­dre­we, maar dit het sy voor­de­le. As jy eers in­ge­te­ken het by die se­ker­heids­wag, is die kan­se goed dat dit net jy en ’n hand vol men­se op een van die bes­te swem­stran­de in Suid-A­fri­ka is.

“Pi­kant” is die eer­ste woord wat by jou op­kom wan­neer jy tot by die voor­ste ter­ras van die kamp­ter­rein ry. Die staan­plek­ke is nie af­ge­ba­ken nie; jy trek jou wa e­ni­ge plek op die gras­perk en lê jou krag aan by die krag­punt in die bos­se, on­ge­veer 20 m links van die ge­meen­skap­li­ke kom­buis. (Bring dus ’n ver­leng­koord saam.) Die kom­buis in die hoek van die ter­ras is ’n hout­ver­trek met ’n groot e­tens­ta­fel, was­bak en twee ys­kas­te waar­in jy be­derf­ba­re kos kan pak.

Die kamp­plek se groot­ste at­trak­sie is eg­ter die af­dak met ’n ta­fel en ban­kies ge­naamd “Die Bult” van waar jy V­lees­baai, Bog­goms­baai en Da­na­baai kan sien. Dus­kant “Die Bult” is nog ’n rietaf­dak waar jy kan kui­er wan­neer die son hoog sit.

Die kamp­ter­rein lê tus­sen ruie bos­se in die V­lees­baai-be­wa­rings­ge­bied en is heel­wat gro­ter as wat dit van die voor­ste terrras af lyk.

Die klein ter­ras die naas­te aan die see is maar ’n klein deel, en hier ag­ter die bos­se lê nog ’n groot kol gras wat meer be­skut is teen die wind en son. Dié staan­plek­ke het elk­een ’n krag­punt en los staal­drom waar­in jy kan vuur­maak.

Die voor­ste ter­ras het ’n klein wit a­blu­sie­blok met ’n stort, was­bak en toi­let in elk van die twee ka­mers – een vir mans en een vir vroue.

Ne­tjie­ser gaan jy nie som­mer kry nie. Bui­te die bad­ka­mer is bui­te­lug­stor­te en ’n u­ri­naal. By die an­der staan­plek­ke is daar los­staan­de hout­hok­kies elk met ’n toi­let bin­ne, as­ook ’n hout­hui­sie met ’n stort en toi­let bin­ne. Kon­tak 072 249 0492 GPS S34.2954 E21.91488

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.