VARKWORSIE-EN-DRUIWESOSATIES Vir voor­ge­reg

Ge­bruik vark­wor­sies om hier­die so­sa­ties te maak waar­oor die kin­ders gaan­de is. Dis heer­lik om som­mer van die ko­le af te peu­sel.

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

Jy be­no­dig

(ge­noeg vir 6) 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­druk 1 tee­le­pel ris­sie­vlok­kies 2 eet­le­pels ge­kap­te vars kruie van jou keu­se (ons het roos­ma­ryn en o­ri­ga­num ge­bruik) sap en ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen 1 eet­le­pel di­jon­mos­terd 2 eet­le­pels heu­ning ¼ kop­pie o­lyf­o­lie 400 g vark­wor­sies 1-2 rooi­uie, in wig­gies ge­sny 1 kop­pie drui­we­kor­rels

Só maak jy 1 Meng

die knof­fel, ris­sie, kruie, suur­le­moen­sap en -skil, mos­terd, heu­ning en o­lyf­o­lie goed saam en gooi dit dan in ’n Zi­ploc-sak­kie. Gooi die vark­wor­sies by die meng­sel in en hou dit in die ys­kas tot jy dit no­dig kry. Jy kan dit selfs so vries – sorg net dat dit heel­te­mal ont­dooi is voor jy dit braai.

2 Ryg

die wor­sies, uie en drui­we op hout­so­sa­tie­stok­kies wat in water ge­week het (om te keer dat dit aan die brand slaan oor die ko­le). Ons ge­bruik 2-3 stok­kies en steek dit in die breed­te deur die wor­sies met die res van die be­stand­de­le tus­sen­in (sien fo­to).

3 Braai

die so­sa­ties oor ma­ti­ge warm ko­le. Wan­neer die wor­sies am­per gaar is, verf van die ma­ri­na­de aan. Ge­niet dit!

Weg Ry & Sleep sê

Hier­die ma­ri­na­de is ook heer­lik met hoen­der­so­sa­ties. Jy kan ’n Zi­ploc-sak­kie vol ma­ri­na­de saam­ry en dit vir heer­li­ke vark óf hoen­der ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.