Be­leef die mi­gra­sie op Zam­bië se Li­u­wa­vlak­te

Weg! Ry & Sleep - - FOTO-MECHANIC -

Die a­von­tuur

Ons roe­te neem ons deur Ka­ti­ma Mu­li­lo in Na­mi­bië op die oe­wer van die prag­ti­ge Zam­be­si. Ons volg die loop van die Zam­be­si ver­by die Si­o­ma­wa­ter­val en die Ba­rot­se-vloed­vlak­te en deur die dorp Ka­la­bo. By Ka­la­bo gaan ons die Li­u­wa­vlak­te-na­si­o­na­le park bin­ne, waar ons die naas­groot­ste wil­de­bees­mi­gra­sie in A­fri­ka sal be­leef.

Die span

Die toer­lei­er is ’n er­va­re na­tuur­be­waar­der en a­von­tuur­gids. Hy sal deur­gaans per ra­dio met jou in kon­tak bly. Ons bossjef ver­skaf drie e­tes per dag. Van ses­uur sog­gens tot ou­nag staan die lek­ker ou moer­kof­fie­pot op die vuur.

Ons lo­gis­tie­ke span slaan die ten­te op en ver­skaf ook die ta­fels.

Die reis­pro­gram DAG 1

Ons ont­moet me­kaar na­by die Nam­wi-ei­land­kamp­ter­rein by Ka­ti­ma Mu­li­lo in Na­mi­bië. Die aand leer ons me­kaar kui­er­kui­er om die kamp­vuur ken ter­wyl ons kyk hoe die son oor die Zam­be­si sak.

DAG 2

Dis vroeg uit die ve­re, en ná ’n ste­wi­ge ont­byt kry jy jou twee­rig­ting­ra­dio vir die toer. Ons val in die pad en kies koers na Ka­ti­ma Mu­li­lo.

By Ka­ti­ma gooi ons vir ou­laas brand­stof in voor­dat ons die grens oor­steek na Zam­bië. Wees maar ge­dul­dig, want din­ge sloer soms by die grens. Daar­na is dit nog net 115 km tot by ons oor­nag­plek: die Ka­bu­la Lod­ge-kamp­ter­rein. Voor aand­e­te wag ’n ske­mer­boot­vaart op die Zam­be­si.

DAG 3

Van­dag be­reik ons die Li­u­wa­vlak­te- na­si­o­na­le park. Ons roe­te neem ons deur die dorp Mon­gu, waar ons weer brand­stof in­gooi en voor­raad aan­vul. Dan ry ons ver­der wes na die 50 km breë vloed­vlak­te van die Zam­be­zi­ri­vier.

Ons steek die ri­vier oor met ’n veer­boot, en druk dan die voer­tuie se neus in die rig­ting van die dorp Ku­la­bo.

By Ku­la­bo ge­bruik ons ’n in­te­res­san­te veer­boot­stel­sel wat met die hand aan­ge­dryf word. En dís hoe ons die na­si­o­na­le park bin­ne­gaan.

Ons kamp­ter­rein vir die vol­gen­de vier nag­te is ui­ters sen­traal en het spoel­toi­let­te en koue stor­te.

DAG 4, 5 & 6

Ná ’n goeie nag­rus en ’n lek­ker ont­byt lê die park oop voor ons. Ons deel die kon­vooi op in klei­ner groe­pe so­dat ons meer wild kan sien.

Oor die vol­gen­de drie dae ry ons kruis en d­wars deur die Li­u­wa­vlak­te en ge­niet die pa­no­ra­mie­se uit­sig­te, die wil­de­bees­te en ’n hor­de an­der bok­soor­te. Én na­tuur­lik die roof­die­re wat hul­le jag.

DAG 7

Van­dag moet ons on­ge­luk­kig die Li­u­wa­vlak­te- na­si­o­na­le park groet. Ons ry te­rug op ons spo­re na die veer­boot by Ku­la­bo, te­rug na Mon­gu, en oor­nag weer by die Ka­bu­la Lod­ge-kamp­ter­rein.

DAG 8

Van­dag be­soek ons die N­go­ny­a­wa­ter­val. Dié wa­ter­val is klei­ner as die Vic­to­ria maar loop ster­ker, en boon­op is daar min­der toe­ris­te. Ons bring ons laas­te nag in Zam­bië weer by die Ka­bu­la Lod­ge-kamp­ter­rein deur.

DAG 9

Van­dag ry ons op ons spo­re te­rug via Ka­ti­ma Mu­li­lo en slaan weer ons ten­te op by die Nam­wi-ei­land­kamp­ter­rein. Ons kui­er vir ou­laas om die kamp­vuur.

DAG 10

Ná ’n ste­wi­ge ont­byt moet ons blad­skud en af­skeid neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.