Kui­er saam in die ou Ka­la­ha­ri

Kom er­vaar saam met ons en B­he­ja­ne die ple­sier van diep sand­spo­re in die wê­reld se groot­ste on­on­der­bro­ke sand­vlak­te: die Ka­la­ha­ri.

Weg! Ry & Sleep - - BLOKRAAI -

DAG 1

Ons a­von­tuur be­gin ter­wyl ons nes­skop in ons eer­ste kamp­plek vir die toer – Twee Ri­vie­ren in die K­gala­ga­di-oor­grens­park.

DAG 2 EN 3

Ons pak op en mik vir die Nos­sob-kamp, waar ons vir twee nag­te bly. Op pad be­soek ons die Auch­ter­lo­nie-mu­seum en leer oor die park se ge­skie­de­nis. Wan­neer ons by die kamp aan­kom, wag ons op­ge­slaan­de ten­te so­wel as tee en kof­fie vir ons.

Ná ’n lig­te ont­byt die vol­gen­de og­gend kan jy die kamp ver­ken of op ’n wil­drit gaan. Die wa­ter­gat na­by die kamp sorg op el­ke toer vir ’n paar op­win­den­de oom­blik­ke.

DAG 4 EN 5

Ons staan vroeg op, eet ’n lig­te ont­byt en kies koers noord. Ons steek die Nos­so­b­ri­vier oor en be­tree die Botswa­na­kant van die park in die rig­ting van die Kaahek. Die dag se ry­werk neem ons deur prag­ti­ge duin­vel­de.

Ons kom laat­mid­dag in die ge­meen­skaps­kon­ses­sie aan en bring die vol­gen­de twee dae in een van die mees on­ge­rep­te om­ge­wings in Sui­der-A­fri­ka deur. Die paad­jies is niks meer as twee­spo­re, kap­ly­ne en bos­paad­jies deur die rooi Ka­la­ha­ri­sand en sa­van­ne nie.

Hier­die om­ge­wing is be­kend vir sy laag­lig­gen­de pan­ne, waar groot e­lan­de, s­pring­bok­ke, gems­bok­ke en die be­ken­de Ka­la­ha­ri­leeus hul­le dors kom les.

Die wild het on­be­lem­mer­de toe­gang tot ’n wil­der­nis­ge­bied wat twee keer so groot is soos die Kru­ger­wild­tuin. Be­hal­we vir die paad­jies is daar geen an­der mens­ge­maak­te din­ge nie – nie eens lig­be­soe­de­ling nie – en die ster­re­he­mel saans sal jou be­to­wer. Ter­wyl ons hier oor­staan, sal ’n op­ge­lei­de Boes­man­gids ons be­soek om sy s­to­ries, ken­nis oor die om­ge­wing en ge­skie­de­nis van die ge­bied en sy men­se met ons te deel.

Ons kamp wild langs twee prag­ti­ge sout­pan­ne, waar ons saans na die klan­ke (en die stil­te) van die om­ge­wing luis­ter.

DAG 6 EN 7

Ons staan lek­ker vroeg op en ry na die dor­pie Hu­kunt­si in die noor­de­li­ke deel van die kon­ses­sie, waar ons water en brand­stof koop.

Dan mik ons vir Ma­bu­a­se­hu­be, ook aan die Botswa­na­kant van die kamp, waar ons twee nag­te op die­self­de plek langs die Ma­bu­a­pan kam­peer. Be­rei jou voor vir on­ge­loof­li­ke sons­on­der­gan­ge en dae van wild­kyk in ’n om­ge­wing be­kend vir sy leeus, lui­perds, jag­lui­perds, ra­tels en bruin­hi­ë­nas.

DAG 8

Ná ’n groot ont­byt mik ons huis­waarts. Ons ry langs san­de­ri­ge kap­ly­ne na die dor­pie Ts­ha­bong, waar ons tot siens sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.