Boxer kamp ’n uit­klop­hou

’n Mens kamp som­mer lek­ker­der as jy self jou ry­huis aan­me­kaar­ge­slaan het. Ben Grob­be­laar van Ree­bok in die Suid-Kaap ver­tel hoe hy sy Peu­ge­ot Boxer in ’n huis-op-wie­le om­skep het.

Weg! Ry & Sleep - - IETS ANDERS - S­chalk Jon­ker

Ek het met groot be­lang­stel­ling Chris Lie­ben­berg se om­bou­ing van sy Peu­ge­ot Boxer in WegSleep #86 ge­lees, want ek het self in 2014 ’n soort­ge­ly­ke pro­jek aan­ge­durf.

In Ju­lie daar­die jaar het ek my Wilk­woon­wa en Isuzu-dub­bel­ka­juit­bak­kie ver­koop en vir ons ’n 2008-mo­del Peu­ge­ot Boxer vir R120 000 aan­ge­skaf. Die Boxer was net reg om in die woon­wa­mo­tor­huis te pas én sy af­me­tings bin­ne-in was nom­mer­pas vir wat ek be­oog het.

Ek het on­mid­del­lik be­gin plan­ne maak met die uit­leg. Ek het o­pe­nin­ge en ven­sters uit­ge­sny, die he­le bak bin­ne met dik on­der­vilt uit­ge­voer vir i­so­la­sie, en die ag­ter­ste wiel­boë met 10 cm ver­laag om die reg­te hoog­te vir die sit­ban­ke en ons bed te kry. Daar­na het ek die bin­ne­ruim met 4 mm-laag­hout uit­ge­voer.

Dit was vir my en my vrou, Ma­ra, be­lang­rik om ê­rens plek te maak vir ons bad­ka­mer, en hoe­wel ons ’n los kas­set­toi­let ge­bruik, kan ons da­rem in die Boxer stort. Ons het ook plek ge­maak vir ons groot kle­re­kas (700 x 550 mm) met laaie en hang­plek en klein bo­k­as­sies vir ons an­der kle­re en los goed.

Die kom­buis be­staan uit ’n kas wat ge­deel­te­lik in die skuif­deur se gat staan. Hier is ons 40 ℓ-Wa­e­co-vries­kas, die mi­kro­golf­oond en vier laaie vir krui­de­niers­wa­re en an­der be­no­digd­he­de. Hier is ’n werk­blad (1 100 x 550 mm), met on­der dit twee laaie, ’n en­kel­gas­bran­der wat uit­trek en ons 45 ℓ-ys­kas wat met 12V en 220V werk. Die ys­kas trek uit en staan op swaar­diens­spo­re. Langs die ys­kas trek ’n groen­terak­kie uit en bo die werk­blad is ’n kas­sie vir ons bor­de en gla­se.

Die ban­ke ag­ter in die Boxer vou plat vir ’n bed, en as die weer sleg is, sit ons som­mer hier aan. Die kas­te on­der die ban­ke kom jy van die ag­ter­ste swaai­deu­re af by – hier bê­re ons al die ek­stra goed soos die grond­seil, braai­er en e­lek­trie­se koord. Die 50 ℓ-wa­ter­tenk is on­der die een bank in­ge­bou en sy vul­prop sit ook by die swaai­deu­re. On­der die Boxer se pens het ek ’n e­lek­trie­se gei­ser in­ge­bou wat sorg vir 10 ℓ warm water vir die bad­ka­mer en kom­buis.

Ek het ook vir my ’n tru­k­a­me­ra ge­ïn­stal­leer, iets wat die le­we aan­sien­lik mak­li­ker maak vir ’n mens.

Die he­le om­bou­ing het my R50 000 uit die sak ge­jaag, en ons ge­niet ons Boxer ter­deë. Ons het al dig­by 24 000 km met hom ge­ry en was al in die Wes­kus, OosKaap, Kru­ger­wild­tuin en Dra­kens­berg. Sy en­jin loop stil en sterk en laat e­ni­ge pad kor­ter voel. Sy brand­stof­ver­bruik draai hier by 10 ℓ/100 km en dan ry ek ge­mid­deld 100-110 km/h.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.