Weg! Ry & Sleep

So amper kake toe...

- ANSIE MEYER Pretoria

Ons was onlangs in die Krugerwild­tuin waar ons in een van Onder-Sabie se rondawels tuisgegaan het. Op ’n dag ry ons verby die Ntandanyat­hi-skuiling, maar hier sien ons toe ’n vreemde ding: ’n Klompie blouwildeb­eeste drom saam op die oewer van ’n stroompie en lyk onrustig. Dis toe dat ek ’n krokodil in die water sien.

Die volgende oomblik besluit een van die wildebeest­e hy steek die water oor, ondanks die krokodil. Intussen sit ek die petalje en dophou deur my Canon 650D-kamera met sy 55-250 mm-lens op. Soos hy spring, begin ek neem en vang sy waagmoed op ’n hele paar raampies vas. Ek sou nie sê ek is ’n kranige fotograaf nie; ek neem eerder foto’s vir die lekkerte.

Dis wel nie aldag dat ’n mens ’n blouwildeb­ees dié soort ding sien oorleef nie – wat nog om ’n foto daarvan te neem!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa