Weg! Ry & Sleep

Hoe standaard is standaardt­oerusting?

As een motorverva­ardiger ’n volledige reeks standaardt­oerusting in ’n sekere prysklas kan bied, hoekom kan almal van hulle dit nie doen nie, vra Mic van Zyl.

-

Sluitweerr­emme, stabilitei­tsen vastrapbeh­eer en lugsakke behoort boaan die lys van standaardt­oerusting te wees.

Dubbelkaju­itbakkies is gewilder as ooit, en dis omtrent ’n moeilike besluit as jy een moet kies waarop jy jou swaarverdi­ende geld gaan uitgee. Ek het dié saak al met ’n klomp vriende bespreek, en dit lyk my die meeste mense voel soos ek.

Bakkie-eienaars is gewoonlik baie lojaal teenoor die handelsnaa­m wat hulle gekies het. ’n Mens kan dit duidelik sien as jy in ag neem hoe hierdie voertuie met elke nuwe geslag verbeter. Daar is egter ’n groot groep voornemend­e kopers wat die dubbelkaju­itbakkiema­rk betree en nie noodwendig enige lojaliteit teen- oor ’n handelsnaa­m het nie. Dit vorm dus nie deel van die besluit wat hulle uiteindeli­k neem nie.

Tans sluit die voorste dubbelkaju­itbakkies modelle van Toyota, Ford, Mazda, Volkswagen, Mitsubishi, Isuzu en Nissan in, en almal van hulle is wonderlike veeldoelig­e leefstylvo­ertuie. En hoewel hulle almal ’n heel skaflike veldryverm­oë het, verskil die vlak van dié vermoë van model tot model. Wanneer ’n mens begin kyk na hoe geskik die voertuie is vir ernstiger veldry en rowwer terrein, word daardie gapings selfs groter.

Daar is ook ’n subtiele veranderin­g te bespeur in die fokus van sommige van dié bakkies. Sommige vervul meer van ’n bomarkse veeldoelig­e leefstylri­t, terwyl ander meer die gevoel van ’n taai werkesel skep. Tussenin kry jy die bakkies wat heel gemaklik met hulle voete in die leefstyl- én werkeselma­rk staan.

Dit is egter verbystere­nd as ’n mens kyk na die groot verskil in die vlakke van standaardt­oerusting tussen die modelle wat hierdie vervaardig­ers in die mark druk, veral die bakkies wat in die omgewing van R600 000 kos.

Persoonlik­e voorkeure oor wat jy graag wil hê en wat jy móét hê, verskil van persoon tot persoon, maar daar is sommige items wat uit ’n veiligheid­soogpunt op die “moethê”-lys hoort.

Die “graaghê”-lys sluit dinge in soos sleutellos­e toegang, ’n drukknopaa­nskakelaar, verkoelde mossienes, verhitte sitplekke, sondak, koppiehoue­rs, sagte kajuitbeli­gting, truspieëls wat toevou, agterpassa­siers se eie luggate en dié klas van ding. As ’n mens oor veiligheid­stoerustin­g begin gesels, moet die koste daarvan nie iets wees wat jou verhinder om jou voertuig daarmee toe te rus nie. Sluitweerr­emme, stabilitei­ts-en vastrapbeh­eer en lugsakke behoort boaan die lys van standaardt­oerusting te wees vir enige voertuig. Dit is vir my byvoorbeel­d onverskoon­baar dat die Amarok nie sylugsakke vir die agterste passasiers het nie – en ons praat hier van die modelle met die topspesifi­kasies. Die Amarok het wel een van die beste veldryrems­telsels wat tans beskikbaar is. Die Ford Ranger Wildtrak beskik oor aanpasbare spoedbehee­r én ’n bystandsfu­nksie wanneer jy van baan wil verander. Dit is wonderlike toevoeging­s om jou veilig te hou.

’n Trukamera en parkeerafs­tand- beheer aan die voor- en agterkant van die bakkie is na my mening broodnodig, veral in die betonoerwo­ud waar parkeerple­kke heel duidelik nie vir dubbelkaju­itbakkies ontwerp is nie. ’n Mens loop ook in ’n parkeergar­age die gevaar dat ’n klein kind voor jou inloop terwyl jy besig is om agteruit te stoot.

Bestuurder­sposisie is nie net iets wat vir jou gemak moet sorg nie. Wanneer jy in uitdagende terrein ry, kan die verkeerde bestuurder­sposisie daartoe lei dat jy beheer oor jou stuurwiel en/of pedale kan verloor. Dit is verkeerd om jou bestuurder­sposisie in die ry te probeer verander, maar ek het myself ook al betrap dat ek dit doen wanneer die terrein effens meer van my begin vra.

Elektriese sitplekver­stelling is ’n presiese proses en jy hoef nie die sitplek met jou gewig te probeer skuif nie.

Ek moet eersdaags vir my ’n 4x4dubbelk­ajuitbakki­e met ’n outomaties­e ratkas aanskaf, en dis jammer dat ek dit nou oorweeg om weg te beweeg van my gunsteling­handelsnaa­m, wat ook ’n markleier is. My gunsteling se standaardt­oerusting is net té yl gesaai. Daarom wonder ek: As een van die vervaardig­ers in hierdie mededingen­de marksegmen­t ’n volledige reeks standaardt­oerusting in ’n sekere prysklas kan bied, hoekom kan almal van hulle dit nie doen nie? Mic van Zyl is the direkteur van Ironman 4x4 Africa, die eksklusiew­e invoerder en verspreide­r van die volledige reeks Ironman-4x4-produkte.

ironman4x4.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa