Weg! Ry & Sleep

Rival se liggewig-bosbreker

-

Die Russiese 4x4-toebehorev­ervaardige­r Rival het pas ’n nuwe reeks bosbrekers in Suid-Afrika bekend gestel.

Rival se buffer word gemaak van ’n mengsel van see- en lugvaartgr­aad aluminium en weeg minder as 50 kg, maar dit sorg vir dieselfde beskerming as staal.

Die 6 mm-aluminiump­laat het die minimumswe­iswerk, en waar moontlik, word dit gedruk uit ’n ononderbro­ke stuk aluminiump­laat. Op die koop toe kry jy LED-mislampe én herwinning­spunte vir ’n hoogligdom­krag of kinetiese stroppe. Deel van die ontwerp is ’n monteerple­k vir ’n wenas.

Die bosbreker voldoen aan die ADR69-standaarde vir lugsakontp­looiing, wat beteken nóg jou voertuig se waarborg nóg die werking van die lugsakke word negatief beïnvloed. Die buffer pas tans slegs op die Toyota Hilux en Ford Ranger, maar aluminiumb­uffers word ook vir ander voertuie beplan, onder meer die Volkswagen Amarok. Prys R25 500.

Kontak 011 394 8235; info@tuffstuff.co.za; tuffstuff.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa