MAXIMI SE TWEE OPVOUMODELLE REG!

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Die bou­er van die Maximi-bos­woon­wa, F­rik Oost­hui­zen, sê sy FTX-op­vou­wa­en­tjie is ge­reed en be­skik­baar in twee mo­del­le.

Die stan­daardwa het nie ’n neus­kas, gly­raam vir ’n ys­vries­kas of ’n krag­stel­sel in­ge­bou nie. Dié wa is vol­gens F­rik ver­al ge­mik op tent­kam­peer­ders wat wil op­gra­deer na ’n klein wa waar­in ’n mens kan slaap, maar nie ’n plaas se prys daar­voor wil op­dok nie.

Jy het on­der meer die ge­mak van ’n or­dent­li­ke bed – ’n dub­bel­bed – en die kans dat jy die ma­tras gaan deur­lê, is taam­lik skraal, want hy is ’n ge­rief­li­ke 17,5 cm dik.

Bui­ten die toe­rus­ting op die stan­daardwa wat by­ge­voeg is, kry die wa ook ’n gas­bot­tel by. Die130 ℓ-wa­ter­tenk met pomp (R8 000), gei­ser (R3 500) en gas­stoof (R3 000) bly eg­ter op­si­o­neel. Nie een van die twee wa­ens kry ’n ys-vries­kas stan­daard nie.

Die wa­ens se romp be­staan uit ’n staal­raam­werk wat met a­lu­mi- ni­um­plaat oor­ge­trek is, maar F­rik het ook reeds ’n klei­ner wa op sy te­ken­bord. Dié mo­del, die FT, het klei­ner wie­le as die FTX en die on­der­stel (én die wa) is lig­ter. Die FT is ge­mik op kam­peer­ders wat nie ’n slee­p­ry­be­wys (ko­de EB) het nie, want ’n mens kan die FT met jou ge­wo­ne lig­te­voer­tuig­ry­be­wys sleep.

Die FTX se sy­fers 3,51 (l) x 1,89 (b) x 1,55 m(h) – oop­ge­slaan staan hy 2,76 m in sy sok­kies; tar­ra ± 500 kg; dra­ver­moë ± 900 kg; BVM 1 400 kg.

Prys R150 000 (stan­daard) en R170 000 (vol­le­dig).

Kon­tak 072 280 8492; in­fo@ maximi.co.za; maximi.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.