Weg! Ry & Sleep

Hilux kry ’n lagie swart

Met opknapping kan ’n laag verf eiehandig die waarde van ’n huis opstoot. Cyril Klopper ry ’n spesiale weergawe van die Toyota Hilux om te sien of ’n lagie spuitverf hier en daar van hom ’n beter ryding maak.

-

Is die Hilux Black Edition ’n reaksie op Ford se pikswart Ranger Fx4? Toyota ontken dit ten sterkste en sê hy het al aan die begin van 2017 beplan om dié spesiale weergawe bekend te stel.

Suid-Afrika se gunsteling­bakkie is geensins ’n nuweling as dit by spesiale weergawes kom nie. Daar was die Dakar-, die Legend 35-, 40- en 45sowel as die Heritage-weergawe. Pessimiste sal volhou dis bloot ’n bemarkings­foefie deur Toyota om meer bakkies te verkoop – en dit is uiteraard Toyota se beweegrede – maar hierdie spesiale weergawes bied unieke aanbieding­e wat jy nie in standaardw­eergawes kry nie. Kom ons kyk.

Op die oog af

Die Black Edition is gegrond op die 2.8 GD-6-dubbelkaju­itbakkie, die vlagskipmo­del, en jy kan kies tussen tweewielaa­ndrywing óf viertrek.

Dit word onderskei van ’n standaard-GD-6 deur ’n swart sierrooste­r, ’n swart insetsel op die voorste buffer, ’n swart agterbuffe­r en ’n swart dak.

Die buitewieln­isse, deurknippe en syspieëls is dieselfde kleur geverf as die bakwerk. Toyota bied op die koop toe ook ’n bakseiltji­e en spiekeries 18”-allooiwiel­vellings.

Die Black Edition is beskikbaar in drie kleure: Gletserwit,

chroomsilw­er en grafiet- grys – vreemd genoeg is swart nie ’n opsie nie.

Binnelangs

Die instrument­epaneel het koolstofve­selpaneeli­nsetsels (natuurlik nie egte koolstofve­sel nie) en dit lyk goed.

Wat veiligheid betref, is daar sewe lugsakke en ISOFIXanke­rpunte vir babastoelt­jies. Daar is ook ’n ooraanbod elektronie­se hulpmiddel­s wat onder meer help dat jy >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa