Weg! Ry & Sleep

JOU RYDING

-

7 Vat jou 4x4

Jy het beslis ’n 4x4 nodig om Khwai se sandpaadji­es aan te durf, en as jy ’n boswaentji­e sleep, is laestrek ’n móét. Hoewel ’n snorkel nie ’n vereiste is om by jou kampplek uit te kom nie, sal dit jou in staat stel om die netwerk van kanale oor te steek en sodoende ’n baie groter gebied te verken op jou wildritte.

8 Gaan alles na

Die sinkplaatg­rondpad tussen Maun en Mababe Village, tesame met die dik sand, modder en water in Khwai, eis vinnig sy tol op jou voertuig. Maak dus seker jou enjin en onderstel word noukeurig nagegaan voor jy vertrek. Dis veiligheid­shalwe beter om in ’n konvooi van minstens twee voertuie te reis.

9 Herstelwer­k in Maun

Indien jy wel voertuigpr­obleme kry en op soek is na ’n puik werktuigku­ndige in Maun, bel vir Hokkan Haisambang­a. Hy sal jou by jou oornagplek in Maun besoek om na jou ryding te kyk. 00 267 7418 5114

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa